N=R*Fp.Fl.Fi.Fc.L

  • 0

(Frank Drake se formule om die waarskynlikheid van en hoeveelheid intelligente beskawings in die heelal te bepaal.)

binne my

klapklapklap

'n verskeurde vlag
afgeëts teen swart murasies
en 'n verskroeide aarde
in doodse stilte

'n uitgediende robot
rolrolrol
die landskap vol
en laat presiese algoritmes,
geskryf uit angstige hoop,
in die sand

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top