NP Van Wyk Louw (oorlede 18 Junie 1970); COVID-19: ’n Kuier met NP agter slot en grendel

  • 0

"Ek skuif die kantgordyn effens weg en loer na die stil straat onder my woonstelvenster. ’n Beweging trek my aandag. Daar by die munisipale asblik. ’n Boemelaar. Nog een van die “weerloses”. Die donker gestalte is halflyf aan’t diep en grawe, maar ek weet sy oë is groot, bruin, helder.

Toe fluister NP in my oor: “Hy het die oë van ’n kind wat nou eers na die dinge kyk.”

“Ja”, sê ek, “O, mag ek weer die genade gegun word om in hierdie vreemde dae met verwondering na ons wonderlike wêreld te kan kyk.”

Toe sê hy: “… Laat ryp word, Heer, laat U wind waai, tot al die hoogheid eindelik vas en nakend uit my teerder jeug verskyn …”

En toe klink ons ’n glasie saam – ek en die Shakespeare van Afrikaans – en hy sê: “Dis daai blêrrie soetwyn.”

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top