Nou's jy weg
Daar was 'n tyd wat niemand my en jou kon skei
In mekaar se arms gaan die dae verby
Maar die droom het toe ook tot 'n einde gekom
Ons paaie geskei en ons harte vermom
Maar ek weet nie meer of ek kan aangaan
Ek weet nie meer, maar ek hoop jy verstaan
Want jy was die een wat my kon red
maar nou's jy weg en ek’s alleen
En ek mis jou nou
meer as wat ek al ooit het
Ek het jou nodig om my te red
Kom vat my hand en ons wees saam
Sonder jou is als net deurmekaar
Ek onthou nog die dae toe ons twee saam was
Die dae toe ons hande perfek in mekaar s’n kon pas
Ek onthou nog die dae wat ek jou kon soen
My Cinderella story met jou silwer skoen
Maar ek weet nie meer of ek kan aangaan
Ek weet nie meer, maar ek hoop jy verstaan
Want jy was die een wat my kon red
maar nou's jy weg en ek’s alleen
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


