Wat 'n groot lekkerte was die afgelope paar weke nie. Al die rugbyspelende lande ter wêreld het om die gesogte trofee meegeding. Vriend, vyand en familie het elkeen 'n opinie oor elke wedstryd gehad.
Ek is eerlik: my rugbylus het oor die afgelope paar jaar erg getaan. Daar is verskeie faktore wat daartoe bygedra het, maar dit daar gelaat.
Die eerste twintig minute van die openingswedstryd tussen die Springbokke en All Blacks sê ek vir myself, myself hier kom 'n ding. Die Springbokke was oor die All Blacks soos 'n goedkoop crimpelene safaripakkie. Toe hou hulle op speel en verloor. O, bloed tranedal, verwyte ens.
Soos dit reeds alombekend is, is die Webb-Ellis trofee die enigste item van waarde in die tegnies bankrot SARU se
glaskas. Dit ook daar gelaat.
Die manne is terug en dit is 'n welverdiende heldeverering en erkenning vir harde werk. Almal is trots om Suid Afrikaner te wees.
In die mirrel Cyril hou finansiële konferensies dat die stof so staan. Hier kom manne kuier met sakke vol planne en dik tjekboeke. Elke dag hoor ons die ou of daai maatskappy het soveel aan die land belowe vir ontwikkeling oor die volgende vyf jaar. Hulle praat bedrae wat soos telefoonsyfers klink en lyk.
Almal juig en paaartie oor hier is nou die uitkoms.
Ongelukkig is ESKOM, SAA, TRANSNET en wie weet nog op die paleis van genoegdoening se stoep soos 'n brandsiek Africanis hond. Daar word gespog dat daar soveel "jobs" gaan wees en soveel uitbreidings en opleweings ens.
Niemand of nêrens het ek van iemand gehoor wat die woord "werk" gebruik soos in die sin dat werk as 'n aksie moet plaasvind nie. Sakke vol planne. Klink eerder sakke gaan met die nuwe geld volgemaak word. Die land gaan onder 'n ergere droogte gebuk. Miljuisende Randelas word vir die of daardie tor in die kop plan bewillig.
Droogtehulp vir die man wat kosplant en grootmaak kom nie tevoorskyn nie.
Die paartie moet flippen vinnig tot 'n einde kom. Dit kan nie so aangaan nie. Die land brand.
Reusedwerg


Kommentaar
Reusedwerg, te veel Torre in gesagsposisies.
Die ironie is, die mense wat as dom uitgemaak was, mense wat kwalik geneem was dat hulle nie 'met die tye wil beweeg' nie, het hierdie voorspel. Hulle sal natuurlik nooit erkenning vir hierdie visie kry nie want lof hiervoor sal neerkom op 'n die bekentenis van 'n fout.