Nou en vir ewig
(1)
Ek’t dit nog altyd geweet
Jy’s die persoon aan wie ek my liefde meet
Ek’t dit nog altyd gevoel
Ek weet jy’s vir my bedoel
(Pre Chorus)
Ek sien dit in jou oë
Jy sal vir altyd in my liefde glo
(Chorus)
Vir nou en vir ewig
Verklaar ek my liefde aan jou
Sal ek jou altyd styf vashou
My arms om jou vou
Ek is lief vir jou
(2)
Ek het dit lankal besef
Jy’s die een wat my verwagtinge oortref
Ek kon dit lankal raai
Jy’s die een wat my wêreld omswaai
(Pre Chorus)
Ek sien dit in jou oë
Jy het jou hart op my verloor
(Chorus)
Vir nou en vir ewig
Verklaar ek my liefde aan jou
Sal ek jou altyd styf vashou
My arms om jou vou
Ek’s oneindig lief vir jou
(Bridge)
Jy hoef dit nie vir my te sê
Ek weet wat jou hart wil hê
Jy is die een wat ek bekoor
Jy weet ek het my hart verloor
(Chorus)
Vir nou en vir ewig
Verklaar ek my liefde aan jou
Sal ek jou altyd styf vashou
My arms om jou vou
Ek's bitter lief vir jou
![]() |



