Indien vryheid van die media net gebaseer was op vryheid van spraak dan is dit nie moontlik om kapsie te maak teen die optrede van die media nie, maar media waarvan daar ’n verwagting is van om ’n bydrae te maak tot die burgerlike en sosiale opbou van ’n samelewing maak dit noodsaaklik dat die kondisies waarin die media moet funksioneer dan bepaal word.
Soos aangedui is die Leveson-ondersoek geloods om die pers se optrede te ondersoek na die skandaal by News International wat die mees skokkende vergrype gepleeg het.
Baronnes O’neill voorspel dat die ondersoek se voorstelle sal na eienaarskap kyk, hoe om dit te reguleer net soos daar groter klem geplaas sal word op die reg tot privaatheid, wat die burgemeester van Texas indien ’n Britse burger beskerming sou gebied het en nie met klippe deur sy kinders sou gegooi word nie.
Die argument vir self-regulering sal staan aangesien ’n te radikale wysiging daarvan tot vrese van sensuur sal volg, net soos self-regulering egter nie vir almal aanvaarbaar sal wees en eerder ’n wetlike onderbou daar wil stel.
Dieselfde tipe van debat wat hier gewoed het, die uitslag daarvan is nie nou aan my bekend nie.
Die veronderstelling is egter dat die wetlike onderbou van die regulering nie moet poog om die inhoud te beheer nie, soos dit formuleer word deur Baronnes O’neill, “a promising approach to this conundrum might be to permit the regulation of media process but to prohibit the regulation of content. For a small illustration, consider how things might look if the press were subject to demands for transparency about their process”.
Die plan is om die burgemeester te beskerm.
Jan Rap se wantroue in die media het hom egter nie weerhou om tog die volgende met goedkeuring te plaas nie:
Hier is nog ’n oulike stukkie vir jou: Ek sien in die koerant die weermag het 122 generaals en 53 eensterluitenante. Wat ’n laggertjie.
Hierdie het ook ’n glimlag by my veroorsaak toe dit die eerste keer in Beeld gelees was.
Net soos Jan Rap is die ANC ook uiters ongelukkig met die media en het ’n verslag saamgestel waarvan die bevindinge soos volg is ...
Gwede Mantashe is aan die woord:
The media are hostile to the ANC.
"If we want to get a positive report, we must work 10 times more. If you work normally, that report ends up being neutral instead of being positive."
The behaviour of print media houses is basically the same and the media remain the party’s main opposition.
Die artikel kan hier gevind word.
Indien daar egter twyfel is oor neutraliteit en onpartydigheid is daar hierdie brief van SAPA wat op bogenoemde artikel gevolg het.
Of 127 Sapa news reports analysed in October, for example, Ornico classes 88 as "neutral," 35 as "negative" and four as "positive".
Incomprehensibly, Ornico seems to have chosen in its criteria to categorise any media report which merely conveys newsworthy criticism or bad publicity for the ANC into the same "negative" slot as blatantly subjective reporting and commentary.
Statistically convenient, maybe, but factually misleading.
Die hele brief behoort na regte gelees te word.
Dalk doen die media tog iets reg as beide Jan Rap en sy maat en die ANC ontevrede is met wat hulle doen.
Dit alles net om te bevestig dat die New York Times se argiewe ’n werklike gebeurtenis rapporteer het, naamlik apartheid, en redelike redaksionele kommentaar daaroor gelewer het. Liberaal soos dit ook al mag gewees het.
Dieselfde vir die geskiedenis van swart onderwys.
Baie dankie
Wouter

