Hello
Hierdie brief het sy oorsprong in die beskuldigings wat aangevoer het dat hierdie deelnemer beterweterig is. Die woordspeling gebruik was beterweter Wouter, rol lekker op die tong, wie weet waar beterweter Wouter woon?
Met daardie beskuldiging is my pa in akkoord en vind die beskuldiging heel billik te wees. Die agtergrond was ’n gesprek tussen my pa en ek oor die emosies van diere en die standpunt gehuldig deur my dat vrees as ’n emosie in ’n mens is nie ’n direkte ekwivalent van die vrees wat ’n dier ervaar.
Bespreek, waar of onwaar? Wie was reg ek of my pa?
Hierdie brief is egter nie ’n reaksie op die aanvanklike beskuldiging nie, maar het my tog laat wonder wat is my modus operandi, my bakens in die proses om sin te maak van alles hier. Om dit te bespreek wil ek graag na ’n verskeidenheid van aanhalings verwys uit opstelle wat uitgestaan het wanneer daar gepoog word om sin te maak van die groter werklikheid.
Die eerste aanhaling kom uit Helen Vendler se Jefferson-lesing getiteld, “The Ocean, the Bird, and the Scholar” en die volgende baken daaruit.
Die afleidings is gebaseer op Helen Vendler se bespreking van Wallace Stevens se 1943 gedig, Somnambulisma en net die laaste twee verse is ingesluit.
Without this bird that never settles, without
Its generations that follow in their universe,
The ocean, falling and falling on the hollow shore,Would be a geography of the dead: not of that land
To which they may have gone, but of the place in which
They lived, in which they lacked a pervasive being,In which no scholar, separately dwelling,
Poured forth the fine fins, the gawky beaks, the personalia,
Which, as a man feeling everything, were his.
Helen Vendler is aan die woord.
Why does Stevens name this indispensable figure a "scholar"? (Elsewhere he calls him a "rabbi" each is a word connoting learning.)
What does learning have to do with creation?
Why are study and learning indispensable in reifying and systematizing the world of phenomena and their aesthetic representations?
Because the poet is poor without the scholar's cultural memory, his taxonomies and his histories. Our systems of thought--legal, philosophical, scientific, religious--have all been devised by "scholars" without whose aid widespread complex thinking could not take place and be debated, intricate texts and scores could not be accurately established and interpreted.
In ’n vorige siklus van briewe waarin Shekhina bespreek was, was daar deur my verwys na Gershom Schlolem as ’n vakkundige by uitstek oor die Kabbala en die konsep van Shekhina daarin en lesers aanbeveel om eerder sy studie oor Shekhina te ondersoek.
George Steiner in sy opstel oor Gershom Schlolem beskryf die uitdaging en taak van die geleerde soos volg:
It may well be that scholarship of the very first order is as rare as great art or poetry. Some of the gifts and qualities it exacts are obvious. Exceeding concentration, a capacious but minutely precise memory, finesse and a sort of pious skepticism in the handling of evidence and sources, clarity of presentation. He adheres to “the holiness of the minute particular”.
Bogenoemde bakens was aangebied as ’n vertrekpunt vir die respek betoon deur my aan waardige vakkundiges en die besef van die onskatbare waarde wat dit voeg tot dit wat beskikbaar gemaak is vir ons om te gebruik om sin te maak van die werklikheid deur hulle handewerk. Daarom nie Wikipedia nie.
Bogenoemde bevestig wat moontlik is en waarna gestrewe kan word, selfs vir ’n leek.
Wouter

