
Hello
Die vertrekpunt van hierdie brief is Jan Rap se aanhaling uit “The Best Little Whorehouse” wat soos volg gaan, “I can make the mayor's own kids throw him with stones”. Met dit as die vertrekpunt die volgende notas aangebied.
Hierdie is ’n belangrike debat wat tans woed in die VK met die Leveson-ondersoek wat die rol van die media ondersoek en die inbreuk wat die media maak op die privaatheid van die publiek en die vergrype wat daaruit vloei.
Daarom is daar voorbeelde in praktyk wat ondersoek kan word om bogenoemde verskynsel te ondersoek.
As vertrekpunt word geneem ’n opstel van Baronnes O’neill wat onlangs ’n lesing gelewer het oor die regte van die joernalistiek en die publiek.
Die lesing begin met ’n verwysing na John Milton se Areopagitica wat die volgende veronderstelling daar stel:
though all the winds of doctrine were let loose to play upon the earth, so Truth be in the field, we do injuriously, by licensing and prohibiting, to misdoubt her strength. Let her and Falsehood grapple; who ever knew Truth put to the worse, in a free and open encounter?
Die invloed van Latyn en ’n eerste argument vir die vryheid van die pers.
Baronnes O’neill word nie deur Milton oortuig nie agv die volgende rede:
Seeking and reporting the truth is not best achieved in free and open encounters but through honest communication that is both intelligible to and assessable by readers, listeners or viewers. When truth claims are at stake, the open question is not whether the media need to respect these and other standards, but how they are to be secured.
Die denke van John Stuart Mill word dan ondersoek en soos volg aangebied:
the peculiar evil of silencing the expression of an opinion is that it is robbing the human race; posterity as well as the existing generation; those who dissent from the opinion, still more than those who hold it. If the opinion is right, they are deprived of the opportunity of exchanging error for truth: if wrong, they lose, what is almost as great a benefit, the clearer perception and livelier impression of truth, produced by its collision with error.
Met die verwysings na bogenoemde twee denkers as vertrekpunt, bevestig Baronnes O’neill ’n konsep wat ’n kerngedagte in vandag se samelewing is, naamlik, “vryheid van spraak”.
Vryheid van spraak is noodsaaklik in die burgerlike, sosiale en politieke lewe, demokrasie in die geheel. Sonder dit sal kommunikasie met die burgery en met mekaar ’n struikelblok wat die verstaan van hulle omstandighede deur hulle self inperk en ingeligte besluite oor die toekoms belemmer.
Dit is egter volgens Baronnes O’neill nie moontlik om hierdie “vryheid van spraak” sonder kwalifikasies net so oor te dra na die media nie.
Die rede vir die kwalifisering is soos volg:
Both false and unreliable reporting, and reporting that misrepresents its aims and its evidence, can silence, confuse or marginalise important issues or voices, can promote manufactured or manipulated “news”, and can make it hard or impossible for audiences to judge what they read, hear and view.
Die argument word verder uitgebrei en daar gefokus op sekere segmente van die media se oneindige dekking van “celebrities”, die oneindige fokus op skandaal en sensasie wat hiermee die gevaar skep dat die publiek ’n stroom van stories aangebied word wat geen verskil maak tussen dit wat belangrik en dit wat onbelangrik is en oordeel weereens belemmer.
’n Uiterse gevaarlike aspek van die media kan ook wees dat dit haat kan aanblaas, wanneer ’n groep sistematies uitgelaat word en bespotlik gemaak word.
Vervolg ...
Wouter

