Hello,
Waarom is dit nodig om studie te maak van geskiedenis?
Die geskiedkundige verloop van 'n vakgebied te verstaan?
Soos byvoorbeeld nou met Judaïsme en die idees rondom 'n haat wat struktureel begin deel vorm het van Westerse denke.
Is dit nie, dat hoe meer daar gedelf word in geskiedenis, hoe meer verward word jy?.
Ons voorgangers het geglo in wat ons sukkel om vandag te verstaan, net soos ons geskiedenis, plaaslik en globaal gekenmerk word aan uitwissings gepleeg gebaseer op die teorieë van ras, en wat die meeste van ons vandag met afsku vul, net soos kommunisme grootliks verwerp is en die idees wat dit ondersteun het nou volkome ongeloofwaardig voorkom.
Ook so met onderdrukking van die onderdruktes en slawerny.
Met dit en die gevoel asof die verlede agtergelaat is deur sommiges, word min aandag geskenk aan geskiedenis en kan dit aangevoer word,is ons werklik armer weens dit.
Daar word aangevoer alle ??situasies word verstaan, maar dan ontbreek die konteks, die verloop van tyd en hoe dit die huidige gevorm het.
Die huidige bestel word deur individuele pogings gevorm tesame met die uitlewing van die groter gemeenskap, so ook in verband tot plek, met 'n spesifieke kultuur en ook 'n bepaalde tyd.
Daar is 'n debat hoe die verlede van toepassing gemaak kan word, maar die mens, is mens oor duisende jare en kan die eienskappe van menslike optrede oor duisende jare gevolg word.
Daar is soms 'n neiging tot geheueverlies en 'n gebrek aan verantwoordelikheid vir die verlede en die dade gepleeg onder die dekmantel van argumente wat nou as absurd beskou word en word die kennis daarvan wat dit moontlik maak vir die mens om dit beter verstaan aangespreek deur middel van 'n kennis van die geskiedenis.
Met dank aan 'n opstel van Rory Stewart, MP, UK, wat van die idees vir my moontlik gemaak het.
Baie dankie
Wouter


Kommentaar
Beste Wouter
Jy skryf: "Waarom is dit nodig om studie te maak van geskiedenis?" Ek se: Vir die klein akademies gesinde persentasie van die bevolking miskien nodig. Vir die meerderheid, onnodig, inteendeel, kennis daarvan kan en het onstuimigheid veroorsaak, veral in 'n land soos ons s'n.
Indien jy dit nog nie gesien het nie, die film "History Boys" 2006 met 'n gay tema. (Ek glo jy sal dit terdee geniet), word aan Rudge, die non akademiese intellektueel van die groep gevra: "How do you define history?" Sy antwoord: "One fucking thing after the other". Hierdie student is prakties ge-orienteerd, met 'n uiteindelike beroep van 'n hoogs suksesvolle eiendomsontwikkelaar. Vir die ander in die groep was geskiedenis 'n passie, een uiteindelik 'n prokureer, 'n ander 'n joernalis, 'n ander weer 'n onderwyser. Onderling het hulle hewig onder mekaar verskil mbt dieselfde geskiedkundige gebeurtenis, met Rudge altyd buite die gesprek.
Van almal, voel ek Rudge het die juiste antwoord gehad, 'n suiwer rekord van gebeurlikhede. (1652 is 'n blanke kolonie aan die Kaap gestig. 10 Okt 1899 verklaar Paul Kruger oorlog aan die Engelse. ens. Suiwer feite). Wat geskiedenis verdoesel, is die vele verskillende vertolkings aan sodanige gebeurlikhede deur hoogs aangeskrewe geskiedskrywers, wie se sieninge van mekaar hewig kan verskil, en gewoonlik gesout met 'n persoonlike agenda, hetsy polities, ekonomies, sosialisties, ens.
Selfs gebeurlikhede waarvan ons op 'n verre afstand kan waarneem, soos die opkoms van Alexander die Grote, die uitbreiding van sy ryk, en die invloede van sy handelswyses op die daaropvolgende geskiedenis tot selfs in die moderne tyd, hou geskiedskrywers steeds aan die gons, en selfs vandag nog, is daar hewige verskille onderlangs.
Onder die ou bedeling was geskiedenis 'n propaganda middel om die Afrikaner in die laager te behou. Onder die ANC regering word geskiedenis vir dieselfde doel aangewend om swartes in die kraal te behou.
Onnodige wrywing tussen die rasse word dienooreenkomstig aangevuur. Die dat ek volhou. Die reg of verkeerd van die verlede bly 'n struikelblok tot volkome versoening tussen Suid Afrikaners van alle rasse.
Word geskiedenis uit die prentjie gehou, is die kanse baie goed vir verbeterde verhoudinge, en pleks om steriel op die verlede vasgepen te word, word die energie eerder gekannaliseer vir oplossings vir probleme van die hede en van die toekoms.
Ek persoonlik het 'n passie vir geskiedenis, en my kennis rakende enige deel van die wereld van antieke tye tot die hede is alles behalwe karig. Maar my passie vir 'n vreedsame en welvarende Suid- Afrika vir al sy inwoners, is selfs groter.
Jaco Fourie
Hello Jaco
Oor die verloop van die verlede sal mense maar altyd verskil. Dit is presies dit wat die verlede dinamies maak en waarde heg aan die hede en die toekoms. Jou "passie vir 'n vreedsame en welvarende Suid- Afrika vir al sy inwoners" sal 'n stelling wees sonder betekenis as dit nie was vir 'n historiese konteks waarin dit geplaas kan word nie. Daar is geen regverdiging vir jou keuse tussen die verlede en die toekoms nie. Die enigste rede wat jy het om uit te sien na 'n sonsopkoms is omdat jy nog nooit in die verlede teleurgestel was nie.
Chris
Beste Chris,
Ek het eintlik Wouter se vraag probeer be-antwoord, nl: "Waarom is dit nodig om 'n STUDIE te maak van geskiedenis?" My verweer was: " vir 'n klein persentasie van die bevolking wel, vir die meerderheid onnodig".
Die invordering van statistiese inligting is suiwer geskiedenis, ten doel om rigting te gee aan toekomstige beplanning. Vir die prokureur / magistraat, vorige uitsluitsels op soortgelyke sake (geskiedenis), om 'n verweer of vonnis te kan bepaal. Die joernalis om gesoute propaganda te kan saai. Vir die fiksie-skrywer om novels met 'n geskiedkundige agtergrond meer interesant te kan voorkom (soos met Daleen Mathee se boeke). Vir die akademikus en leek, vir persoonlike edifikasie en belangstellende konsumpsie, ens.
Vir die meerderheid bring enige STUDIE of selfs kennis van geskiedenis, niks in die sak vir hulle nie. Dit het niks in my sak ooit gebring nie, maar net die lekker daarvan soos wat 'n mens 'n novel lees. 'n By-produk is hoe groter jou geskiedenis kennis is, hoe beter kan 'n mens oor sekere sake sal kan debatteer.
Wat wel vir almal van absolute belang is, is hoe hy homself binne die pirimide van Maslov se "hierarchy of needs" wil bepaal, maw. sy ekonomiese dryffeer vir sy lewe.
Jaco Fourie
Hello Jaco
Ek dink Miles Davis se musiek kan die wêreld 'n beter plek maak. Die feit dat omtrent niemand na hom luister maak vir my geen verskil aan die kwaliteit van sy musiek nie. Ek sluk nie heeltemal jou storie dat geskiedenis vir jou omtrent dieselfde werd is as jou seëlversameling nie. Iemand soos jy wat so absoluut passievol raak oor Suid Afrika en ons toekoms in hierdie land, veral hier op Litnet waar jy nie 'n sent kry vir jou opinie, soek nie gewoonlik die waarde van geskiedenis (en dalk ook filosofie ook) in sy beursie nie.
Die Romeine het goed verstaan dat mense nie net brood, maar ook sirkusse wil hê. Selfs die Bybel het iets hieroor tê. Sal dit nie goed wees as almal na Miles Davis kan luister nie?
Chris
Beste Chris
Jy het 'n punt hierbo beet om aan te herkou. Ek sal ook poog om Miles Davis se musiek in die hande te probeer kry om jou waarneming daarvan te kan deel.
Beste wense
Jaco Fourie
Jaco, as ek mag aanbeveel: begin met 'Kind of Blue'. John Coltrane en Cannonball Adderley se bydrae op hierdie album maak dit 'n onvergeetlike ervaring.
Chris
Hello Jaco