Nogsteeds mý hartedief
Die tyd het gekom
dat ek moet gaan
Ek gee só baie vir jou om
Ek wil só graag net hier bly staan
My engel, ek gaan so baie na jou verlang
Veral die soentjie in die oggend so op my wang
Dis nie vir ewig, dis nie vir lank
Ek en jy lê in 'n oogwink weer styf op die bank
KOOR:
Ek lief jou baie en elke dag meer
(Elke dag meer)
Jy ís my alles, weer en weer
Jy maak my so gelukkig soos tien
(Maal tien)
Ek kan nie wag om jou weer te sien
Die dae gaan oneindig lank voel
Want ons gaan in mekaar se gedagtes woel
Ek is hier en jy is daar
Net-nou, net-nou is ons weer by mekaar
Jy kan my bel en ek vir jou
Gelukkig benodig ons nie meer ? tou
Ek gaan jou mis en hoop jy vir my
En as ons weer sien, is die naweek verby
KOOR
Jy ís net myne, 'n duisend maal oor
en jy word diep in my hartjie gestoor
Raai wat my engel, vir jou het ek lief
Jy is nogsteeds mý hartedief!


