noggie Nkhululekho

  • 0

hoe huigel oud-Mbeki-ANC’s, com’s,
hoe skuttulle daai bemagtigingsboure,
hoe vinnig gat Openbare Diens v’lore,
rekeninge oortrokke, toi-toi rassiste,
regressief, ouskool, ultradomdomdom,
m’t “isiBhulu”, “ras”, “klas” (onvanpas)

hoor Mens hoe skinner’l, op spindoksimposia,
hoe dra’l kennis, v’n g’skied’nis, v’n Azania,
hoev’l vryheidstryders’t, sedert Van Riebeeck,
Zabalazalisties, ultra-prys, m’t eie bloed b’taal,
t’r wille v’n Mensdom, Self oorg’gee, opg’offer,
nie aan sjatan, naai, aaire virrie Volwaarheid,
immers immer verifieerbaar, nie t’v’rsmaai,
al is Vryheid vas, inne korset, styf toeg’trek

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top