noggie g’reed

  • 0

Mens moet ma’ ook b’gint t’dink, re dááí besett’ng,
onwett’g okkupasie, illegitiem oorname, b’legg’ng,
uitwiss’ng, v’rslaw’ng, v’rhur’ng, v’n mede-Mens,
inboorl’ng, Eerste Mens, nooit b’skou as “Sapiens”

idee v’n onkund’-ontkenn’ng’s g’leer deur ’n leraar,
superieur-mentaliteit, Self-sug, magslus, wreedheid,
struktuurg’weld g’voed via “ras”-’n-“klas”-apartheid,
na soveel eeue’t Self-d’struksie-sindroom niks b’daar

so sien Mens Self, Millennium Drie Homo Sap-Sap, voortstu,
inne krities krisis, armageddonisties, sup’r-apokalipties, nu,
niks so “pseudo-”, fiktief, soos Mens se Self-g’skept’ illusie,
uit fokus, v’rwronge, dié “Duiw’lspiek”-submissiwiteitsvisie

superioriteitsindroom’s eg ultra-revisionisties v’rgeet,
(oud-)onn’rdrukk’r nog glattie v’r b’vryd’ng g’reed

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top