Nog steeds is dit der einde niet

  • 5

I rest my case soos van my geleerde vriende sal sê. Die kêrel is immers eerlik.

m.sowetanlive.co.za/?articleId=16794759&sectionId=32

Reusedwerg

  • 5

Kommentaar

  • Westerse demokrasie het 'n lang pad geloop van die Griekse stadstate tot vandag en lê daar duisende jare van geskiedenis daaragter tot vandag.
    Waarom is mense verbaas dat dit nog nie inslag gevind het nie in 'n demokrasie wat beheer word deur mense met 'n stamverbandkultuur? Die probleem vandag is dat die regerende party alle verskille in die verband uit die weg probeer ruim en die bestaan daarvan ontken.
    Mens hoef net die geskiedenis van die ANC in ballingskap te lees om tot die slotsom te kom dat korrupsie diep ingewortel is in die organisasie en dat demokrasie 'n vreemde konsep is want 'afvalliges' is mee afgereken. Lees gerus boeke soos 'Inside Quatro' en ander.

  • Reusedwerg
    As dit moontlik is koop die boek ‘Inside Quatro’ Uncovering the exile history of the ANC and Swapo deur Paul Trewhela aan.
    Jy sal daarin kan lees dat Suid Afrika se huidige probleme in verband met korrupsie ens sy oorsprong het by die 'ANC in exile'. Die ANC is vandag sterk teen die doodstraf gekant maar het nie geaarsel om van 'afvalliges' ontslae te raak nie.
    As jy nie die boek in die hande kan kry nie aktiveer die volgende skakel http://mbokodo-quatro-uncensored.co.nr/ en lees dan uittreksels uit 'Excerpts: Mbokodo: Inside MK: Mwezi Twala - A Soldier's Story' en jy sal besef dat die ANC met wie in goedertrou onderhandel is eintlik in baie opsigte 'n wolf in skaapsklere was.

  • FC, ek het nog nie een van die boeke gelees nie, maar het bietjie info wat daar en ander plekke aangegaan het. Die mense (piepols soos Blou Willem sal sê) sal "verbaas" wees as die exile-kampe se dade op die lappe kom. Ek het met menigte "ontnugteres" oor hul wedervarings daar gepraat. Van die lot wat in Angola se Quattro Kamp was, was/is as hooggeplaasdes in die ANC-regering aangestel. Die manne wat ook daar was weet net nie hoe naby hul aan hul sterte sien was nie. (As dit net nie vir een politikus was wat sy gat altyd gedraai het nie.) Die ANC se "stryd" lees soos 'n Mills en Boon riller. Daar was meer binnegevegte en onderstrominge as wat mens jou kan indink. Daar is tans groter binnegevegte. Mandela se groep het regeer (Zambië-groep) toe kom Mbeki-groep (Angola) en nou is dit die ouens wat nie in exile was nie. Iemand, ek kan dit nie onthou nie, het in die laat 90's in 'n artikel geskryf dat die ANC in 2019 nie meer die "flavour of the month" sal wees nie. Ek stem saam want die organisasies wat Suid-Afrika "beheer" is ook nou gatvol.

  • Beste Reusedwerg
    Die ongeregtighede van die Apartheidsregering in bestempel as 'n 'crime against humanity' en wêreldwyd veroordeel en het selfs aartsbiskop Tutu tot trane gedwing.
    Maar die wreedhede van die ANC is goedgepraat onder die dekmantel van 'n bevrydingstryd. Dit is dalk goed om ook die barbaarse optrede van die ANC in ballingskap nader te ondersoek en onder dieselfde soeklig te plaas.
    Hier is 'n uittreksel vir lesers wat nie bewus daarvan was nie. Dit is nie my bedoeling
    om ou wonde van die verlede oop te krap nie, maar die President bly hamer op die wandade van die apartheidsverlede en swyg oor die ANC se wandade.

    http://crime-of-apartheid.blogspot.co.za/2010/09/trc-fraud-excerpts-mbokodo-inside-mk.html

    In my beskeie opinie kan slegs versoening in Suid-Afrika plaasvind as beide partye
    in die konflik die wandade wat deur hul gepleeg is openlik erken en nie net vinger wys na die een skuldige party nie. Daar was nie net een vark in die verhaal nie en bly die spreekwoord waar dat 'n pot nie die ketel kan verwyt dat hy swart is.
    However harsh the above statement, however disagreeable to the fighters against the monstrous apartheid system, it is a truth that needs bold examination by our people, and the whole of the ANC membership.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top