Nog net een keer
Nog net een keer wil ek reëls verbreek
Nog net een keer wys wat in my steek
Nog net een keer teen die prikkels skop
Nog net een keer wegbreek uit die trop
Ek sal graag wil speel in die reën soos ’n kind
Al weet ek dis dom wil ek spoeg teen die wind
Ek wil wakker bly, deur die hele nag
En as ek so voel, slaap die hele dag
Ek wil liries raak oor die reuk van ’n blom
Met my hande skep als is dit ook hoe krom
Ek wil grense verskuif na waar dit my pas
Uitsien na môre, vergeet van dit wat was
KOOR
Nog net een keer wil ek reëls verbreek
Nog net een keer wys wat in my steek
Nog net een keer teen die prikkels skop
Nog net een keer wegbreek uit die trop
Ek wil vooruit gaan maar nie tree vir tree
Ek wil kanse vat en dom optree
En as ek praat nie meer my woorde tel
Lag as ek sou faal, die lewe is ’n spel
KOOR
Nog net een keer wil ek reëls verbreek
Nog net een keer wys wat in my steek
Nog net een keer teen die prikkels skop
Nog net een keer wegbreek uit die trop