Nog ’n een en ander oor prof Croukamp

  • 0

Na sy bespreking van vervreemding met betrekking tot die bruines, sê Piet die volgende ten opsigte van die wit Afrikaanssprekendes: "Vervreemding onder wit Afrikaansprekende Suid-Afrikaners lei soms daartoe dat hulle wil terugkeer na die laer, of minstens tot historiese identiteite met ’n militante konseptualisering."

Eerstens, as jy nou mooi daaraan dink, ’terugkeer na ’n laer’ is ’n onsinnige stelling.  ’n Laer was eintlik ’n bivouac; op pad iewers heen beskerm jy jou goed vir die nag of ’n paar dae deur laer te trek en dan beweeg jy aan.  Tensy Piet die Kolonie bedoel as hy van die ’laer’ praat; daar ís seker die wat wou terug na die Kolonie se vleispotte.

Nou, Piet praat van vervreemding.  Dis ooglopend dat hy bedoel die Afrikaner ervaar ’n vervreemding.  Wie is die vervreemders as die Afrikaner die vervreemdes is?  Moet die wees wat nou in die saal is; dit kan nie goed wees soos slaggate, riool in die strate, die vervalle gesondheidsisteem en so aan wees nie want dit tref almal. 

En as die magte die syn die Afrikaner vervreem deur jag te maak op hom, soos name verander, die uitskuif van Afrikaans uit die openbare sektor ens is dit nie snaaks dat party rug styfmaak nie.  Dit is egter alles behalwe "militante konseptualisering"; dit is die aard van die wat nou in bewind is, wat hulle aan bewind gebring het in ’n groot mate. Ek verstaan dat tot en met die laaste dag van sy gevangenisskap het Mandela nie geweld afgesweer nie.

Dalk verstaan ek Piet verkeerd maar wat hy sê, soos ek dit verstaan, is ’n klomp bollie.

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top