Ek glo onomwonde dat God en God alleen, die ultra-geniale Ontwerper en Skepper van die heelal en die natuurlike aardse biosfeer en alles wat dit behels, is. Maar dit is beslis nie ’n geloof wat alleen staan nie…
Die kritiek teen darwinistiese tipe evolusie is ingrypend, maklik om te bekom en wys op lukrake aannames wat gemaak word deur hulle wetenskaplikes om die leerstuk te probeer ondersteun.
Byvoorbeeld, studies in homologie het aangetoon dat ongeveer 75% van die menslike gene of variante ook in wurms voorkom – "we share half our genes with the banana" and that 98.4% of human DNA is similar to that of ape DNA. – New Scientist, 1 July 2000, pp4-5! Maar beteken dit nou dat die mens ook van wurms en goed soos piesangs afstam, net omdat daar ooreenkomste in genetiese materiaal is?
Maar om DNS verwantskap (of protein verwantskap) as ’n manier van die vasstelling van stamlinies deur evolusie voor te hou, is om bloot die aanname te maak dat evolusie plaasgevind het omdat gemeenskaplike gene en proteïene betrokke is en dat dit nie terselfdertyd ook ’n bewys is vir geniale (intelligente) ontwerp, nie. Maar dieselfde proses is netsowel bruikbaar vir die bewys van geniale gemeenskaplike ontwerp en daar is geen manier hoe die evolusionis die teendeel kan bewys, nie.
As mens egter die proses logies ontleed en, byvoorbeeld, na die waarskynlikhede kyk, in die beoordeling van ander aanduidings vir watter proses die korrekte is, dan sal mens sien dit is juis die geforseerdheid, die kunsmatigheid, van die voorgehoue evolusionêre proses, wat teen hom militeer. As evolusie moes plaasvind soos beweer en alles het geëvolueer by wyse van lukrake, intelligensielose toevallige mutasies, is dit net té verbasend om as werklikheid uit te hou, dat daar juis soveel DNS-verwante ooreenkomste is oor die verskillende spesies heen. Dit is eenvoudig logies dat, juis vanweë die lukrake en “toevallige” aard van die beweerde evolusionêre proses, dit te verwagte is dat dit juis noodwendig sal lei na aansienlik minder DNS-verwante ooreenkomstigheid, as wat daar nou werklik alreeds geïdentifiseer is. Én dan moet mens jouself afvra, indien daar dan nou op ’n proses van evolusie deur mutasies gesteun word, wat is die verklaring daarvoor dat, terwyl DNS-verwante ooreenkomste dan kwansuis aandui dat ons nie van piesangs evolueer nie, dat die einste DNS-verwante ooreenkomstigheid aandui dat alle diere van, byvoorbeeld, Monosiga brevicollis geëvolueer het? Die evolusionistiese wetenskaplikes kan mos nie sommer soos dit hul pas, die hipotese van toepassing maak op een lyn, maar die ander diskwalifiseer, nie – en tog doen hulle dit.
Dan is daar natuurlik ook die probleem vir die evolusioniste met hulle hipotese dat alle dierelewe kwansuis van choano-sweephaarselle soos Monosiga brevicollis sou evolueer, dat daar stééds vandag honderde spesies van daardie choano-sweephaarselle bestaan. As dit (choano-sweephaarselle soos Monosiga brevicollis) werklik vir soveel miljoene jare bestaan het, soos hipoteties beweer word (daar is mos absoluut géén bewys vir die aanname nie), met ’n DNS wat dit só akkuraat laat repliseer vir só lank, hoe op aarde kan dieselfde konstante DNS dan terselfdertyd muteer in al die dierspesies op aarde?! Die twee aannames is wederkerig destruktief en dit is só maklik om in te sien, en kan ook nie een van die twee bewys word, nie. Beide kán eenvoudig nie saam bestaan nie. Dit is ooglopend kunsmatige en lukrake aannames en aansprake.
“The development of the metabolic system, which, as the primordial soup thinned, must have "learned" to mobilize chemical potential and to synthesize the cellular components, poses Herculean problems. So also does the emergence of the selectively permeable membrane without which there can be no viable cell. But the major problem is the origin of the genetic code and of its translation mechanism. Indeed, instead of a problem it ought rather to be called a riddle. The code is meaningless unless translated. The modern cell's translating machinery consists of at least fifty macromolecular components which are themselves coded in DNA: the code cannot be translated otherwise than by products of translation. It is the modern expression of omne vivum ex ovo [everything that lives, (comes) from an egg]. When and how did this circle become closed? It is exceedingly difficult to imagine." –
Jacques Monod, Nobelprys vir Geneeskunde, 1965, biochemikus, Direkteur, Pasteur Institute, Frankryk. Chance and Necessity: An Essay on the Natural Philosophy of Modern Biology, [1971], Transl. Wainhouse A., Penguin Books: London, 1997, reprint, pp.142-143.
Weereens die vraag, waarom is die meeste agnostiese evolusie wetenskaplikes nie bereid om eerlik te wees en weg te stap, nie? Of is dit maar net weereens die uitdruklike demonstrasie van daardie selfdesepsie sindroom?
Die protosoön fondasie van die darwinistiese evolusie-huis is reeds as nie-bestaande uitgewys. Nou verkrummel die stutmure… Dié wat steeds wil binne bly, gaan ernstig beseer word…
Groete,
Kobus de Klerk


Kommentaar
Maklik: God, die Intelligente Ontwerper, trouens alles wat as bonatuurlik bestempel word, is skepping van die menslike verbeelding. Die mens het dit vir hom uitgedink. Droombeelde kan nie heelal met sterrestelsels en lewe op aarde skep nie.
Angus,
Maar wag, as jy sê dat die evolusieteorie van Darwin te make het met die ontwikkeling van lewe op aarde, maar niks te make het met die ontstaan van lewe, nie, sou jy dan moes gelyk gee dat ál die lewe op aarde ontstaan het uit ’n bron ánders as die evolusie proses… en dat die evolusie, maar net van daar aangaan? Abiogenese het juis te doen met die ontstaan van lewe uit nie-lewe.
Waar kom lewe dan vandaan? En hoe kan jy God dan uitskakel?
Wat die protosoön fondasie aanbetref, het die jare lange studie nie gehelp nie – dit is afgeskiet en báie evolusioniste stem alreeds daarmee saam. Dus, dit is juis ordentlike studie wat die onhoudbaarheid daarvan openbaar.
God swaai nie toorstokkies nie – dit is jy wat nou weer met die fabels vashaak.
Die essensie van jou hele teorie is onbewysbare fabels – en dit is juis en ander soos jy, wat op bewys aandring.
Bewys dan.
Kobus de Klerk
Ek weet nie hoe om dit te vertaal nie maar "God of the gaps" het feitlik nog net een gaping om te vul en dit is hoe lewe ontstaan het. Uit al die ander gapinge wat hy vervul het, is hy al deur die wetenskap uitgedruk.
Nee, Angus, daar is massas gapings wat gevul moet word, soos aangedui. Dit is uiters onwetenskaplik om onbewysbare ne onbewese hipotese, wat juis die gapings vir julle moet toestop, uit te hou as enigsins van waarde.
Trouens, dit is juis daardie hipotese wat vir julle die rol vervul van 'n mitologiese god-van-leemtes.
Sien maar die ware God as die Skepper Intelligensie - dit behoort vir jou baie maklik te wees. Intelligensie hoef nie bewys te word nie - almal weet wat dit is, en jy mos hopelik. ook.
Dus, die Intelligensie het die eerste lewe op aarde geskep en bestuur dit ook, soos wat uit die bewese (nie hipotetiese) natuurwetenskap getuig word.
Daar is niks bonatuurlik aan die skepping nie. God is natuurlik, julle fabels is bonatuurlik. God is die Intelligensie, die Energie, die Skepper van alles waarvan die mensdom weet. En oneindig meer... Daar is dus absoluut niks onnatuurlik of bonatuurlik aan die Godheid nie. Beide Intelligensie en Energie funksioneer in die Spirituele realm, en manifesteer dan fisies. Die Spirituele realm is daardie deel van ons bestaan wat jy nie kan sien nie, maar weet dit bestaan. Jy weet dit bestaan, omdat dit juis vir daardie doel in die fisieke realm vir die mens realiseer (manifesteer). Jou eie vermoëns, jy wat Angus is, is egter so afgestomp dat jy slegs fisieke manifestasie kan (en wil) identifiseer. Maar dit is jou spirituele vermoëns wat jou in staat stel om die fabelagtig hipotese uit te dink en te wil vestig, en by ander s'n, aanklank te vind. Dit is die Spirituele Intelligensie, wat jou in staat sou stel, as jy daaroor beskik het, om te onderskei tussen fabel (die wat julle opdis) en spirituele feit - dat God, synde Intelligensie en Energie, die Skepper is) - en die enigste getuienis wat vasstaan, is laasgenoemde - juis uit die wetenskap - naamlik - die basiese boublokke van alles, is die Intelligente aanwending van Energie.
Selfs die pogings van die mensdom om die geringste daarvan te mimiek of na te boots, verg onstsaglike intelligente en enegieke inset, soos Craig J Venter se suksessie maa rnet opnuut bevestig het.
Dit staan vas - nou kan jy dit probeer weerlê sonder hipotese. En as jy kan, probeer 'n onsinnige snedige aanmerking vermy, wat gewoonlik gebeur wanneer jy nie weet wat om te sê, nie.
Kobus de Klerk