''Nog een keer'' deur Ronél Pentz

  • 0

Nog een keer

Ek skryf vir jou ’n liedjie
hier by die see
want ek weet dit is waar jy
die meeste van jou tyd spandeer
en as ek aan jou dink
dink ek sommer weer
want jy is als wat my hart begeer
en ek sê dit nog een keer

En al wat ek ooit wou doen
is om jou te laat verstaan
dat jy baie meer verdien
as wat jy ooit besef
en dat daar iemand is wat jou innig lief het
en met elke tree wat ek gee
breek die branders my
en ek sien jou smile if only for a while
en dan besef ek weer ...

Koor:
Jy’t my hart gesteel en nou mis ek jou soveel
want jy is daar en ek is hier
die gaping is groot en my lewe in nood
want jy is daar en ek is hier
die verlange maak seer maar ek kan dit nie keer
want jy is daar en ek is hier.

Jou smile verander als vir my
ek is van voor af verlief
en elke keer wonder ek
was daai een vir my bedoel
of staan daar iemand agter my
en speel ek net weer die fool?
Lees ek weer tussen die lyne
of wens jy ook jy’s myne?
vertel my wat jou hart begeer
ek wil net hê ons moet probeer
ek is die een wat staan en wag en weet ...

Koor:

En nog ’n versie sou dit sê
ek sou my woorde kon uitlê
maar al wat ek kan uitkry is
dat ek wens jou hart behoort aan my
en as ek aan jou dink
dink ek sommer weer
want jy is als wat my hart begeer
en ek sê dit nog een keer
ek wens jy wil jou hart vir my gee

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top