Ek lees almal se vrae en teen vrae oor Noag se ark, ek kom egter tot die gevolgtrekking, dat julle net verskonings soek vir julle ongeloof. In die eerste plek, by God is niks onmoontlik nie, Hy het immers die hemel en aarde geskape, Hy het Noag opdrag gegee om die ark te bou, en het ook die sluise van die Hemel geopen en reën 40 dae en 40 nagte oor die aarde laat uitstort. Net soos Hy die aarde voor die sondvloed geskape het, wat plant, mens en dier insluit, kon Hy dit weer in Sy Almag, plante laat uitspruit na die water weggetrek het. Net soos Hy skeiding gemaak het tussen hemel en aarde en aarde en see, het Hy dit na die vloed weer gedoen. Julle is so behep met die detail oor plante en diere in en buite die Ark en oor hul ontlasting en sulke crap dat julle die kern van die boodskap verloor. By God is alles moontlik, al wat julle met julle spul vrae bereik, is dat die duiwel wat vir julle sit en lag, oor jul ongeloof en dwalings. Julle wil voorwaardelik glo en daarby is julle besig om te sondig voor God Drie Enig. Ek wil amper so vêr gaan en sê, dat julle God tot ’n leuenaar wil maak.
Glo soos ’n kindjie, onvoorwaardelik. Die ontstaan van die aarde en alles in en daar op is ’n God geskape wonderwerk en die Here het dit ook daar gestel vir ons om te geniet, bewaar en ’n bestaan daaruit te maak.
Al wat God vra, is geloof, vertroue, en gehoorsaamheid. Gee julle harte en lewe vir Hom, die res het Hy gedoen, deur Sy seun vir ons te offer vir ons sondes, en opgewek uit die dood, waar hy tans aan die regterhand van God sit om vir ons daagliks voorspraak doen.
Wat is geloof? Hebr 11:1 Om te glo, is om seker te wees van die ding wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.
Johannes 20:29 Gelukkig is die wat nie gesien het nie en tog glo.
Erika Henn


Kommentaar
Baie Christene is bereid om te aanvaar dat Noag net 'n storie met 'n geloofslessie is - net soos Jona en die vis en storie van die Tuin van Eden. Meeste gelowiges worrie nie oor hoeveel diere in die ark kan pas nie, of slange kan praat nie en hoe 'n mens drie dae lank in 'n vis se maag kan oorleef nie. Net so min soos wat hulle worrie dat visse en voëls volgens die Bybel nie diere is nie (diere is op die sesde dag geskape soos jy weet) en dat volgens Levitikus vlermuise eintlik voëls is. Vir hulle almal gaan dit oor die boodskap dat Jesus uit die stam van Dawid gebore is soos wat Jesaja dit voorspel het.
Maar kyk nou net wat doen jy nou - jy sê dat dit alles regtig gebeur het. En erger nog - jy koppel God se bestaan aan die letterlike vertolking van hierdie stories! Dit bedoel dat as ek kan bewys dat voëls en visse eintlik diere is en dat vlermuise soogdiere is en nie voëls nie, dat God ook - volgens jou definisie - dan nie meer kan bestaan nie.
Buitendien teoloë, historici, argeoloë en taalkundiges weet al vir 'n eeu dat die verhaal van Noag 'n oorvertelling van die Gilgamesh epos is wat ongeveer 500 jaar voor die Bybelse weergawe geskryf is. In die Koran, die Koptiese Bybel en die Boek van Henog word 'n tweede verhaal van Noag vertel wat aansienlik van die een in die Bybel verskil. Die verhaal van Noag was allermins 'n openbaring van God aan die Jode/Hebreërs/Israeliete - dit was 'n verhaal, soos die Tuin van Eden-verhaal, wat hulle tydens hulle ballingskap in Babilonië opgetel het, teologies verwerk het en in hulle verhaleskat opgeneem het.
Dagsê Francois. Ek is so spyt dat ek nou eers Erika Henn se stukkie lees en jou kommentaar daarop. Jy het 'n goeie antwoord gegee. Somtyds sal kreasioniste sê dat hulle maar net lees wat in die Bybel staan. Wel, ek doen dit ook. Gewoonlik as ek gekonfronteer word met die woorde: "Glo soos 'n kind glo", word daar eintlik bedoel: "Glo soos ek glo." Groetnis
Francois
Jy verstaan verkeerd.Die indeling was anders.
1.Diere van die land
2. Vlieënde diere.
3. Dit wat op die grond kruip.
4 .Dit wat in water lewer.
Hoop dit klaar die misverstand oor die vlermuis op.
Wat Noag aanbetref,daar is vloedverhale ouer as die wat jy aanhaal.
Die skeppingsverhale is soos volg geskryf:
Die eerste skeppingsverhaal tussen 586 -539 vC, dus deur Joodse bannelinge.Dit is geskryf as teenvoeter vir Babiloniese skeppingsverhale,met baie gode wat elkeen soms in stryd met mekaar iets doen.
Die bannelinge getuig van EEN Skepper-een heelal en openbaar dus die WIE en nie die hoe nie. Die tweede skeppingsverhaal ,binne 'n landbougemeenskap,in die tyd van Konings en voor die ballingskap.
Heb 11:7. Deur die geloof het Noag, toe hy ‘n goddelike waarskuwing ontvang het aangaande wat nog nie gesien was nie, met eerbiedige vrees die ark gereed gemaak tot redding van sy huisgesin, waardeur hy die wêreld veroordeel het en 'n erfgenaam geword het van die geregtigheid wat volgens die geloof is.