"Night haven" deur Alex Lubbe

  • 0

Night haven

Jy slaap waar jy plek kry
Onder yesterday’s (Afr. gister) news
Al wat jy ken is drink away the blues (Afr. hartseer)
Word yskoud wakker
Jou skoen is weer weg
Dis heeltemal unfair (Afr. onregverdig)
Hoe die lewe jou terg

Koor:

Sê vir my, is jy dalk ’n dokter
Sê vir my dalk iemand se pa
Sê vir my is jy dalk ’n redder
Ons volgende Madiba (aka Nelson R Mandela)

Jy sê dis jou keuse
Maar wie kies dit
Vra jy vir answers (Afr. antwoorde)
Sien jy swart of wit
Raak jy nie bang nie
Vir die donker of dood
Vra jy ook elke aand vir jou daaglikse brood

Koor:

Sê vir my, is jy dalk ’n dokter
Sê vir my dalk iemand se pa
Sê vir my is jy dalk ’n redder
Ons volgende Madiba (aka Nelson R Mandela)

Vertel vir my
Van jou vrou op die plaas
Vertel vir my jy mis jou laaitie wat raas
Vertel vir my alles dan skryf ek ’n song
Vertel vir my na wie jy so verlang
Maar voor ek gaan vertel eers vir my
Vertel eers vir my
Is jy rêrig vry?

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top