"Niemand soos jy" deur Caron Laubscher

  • 0

Niemand soos jy

Stille waterstrome
Ek sien jou tussen die kokerbome
My hart verklap sy geheim en na al die jare
Is jy nog steeds die een wat my betower

Daar’s ’n plekkie net vir jou
Daar waar al my woorde skuil
Al gaan daar ligjare verby
Is daar nog steeds niemand soos jy

Hoe kon ek keer, my jeug weggespoel
Nou voel ek soos ’n gevange
Verlam in hierdie stoel
Sou ek dit ooit kon glo
Dat jy die las alleen moet dra
My hart is in twee verskeur
Dis donker maar jou glimlag dring steeds deur

Daar’s ’n plekkie net vir jou
Daar waar al my woorde skuil
Al gaan daar ligjare verby
Is daar nog steeds niemand soos jy

Waar is die jare heen my vrou?
Het die liefde dalk gegroet?
Die son sak weer swaar
So nutteloos en alleen in my gemoed

Ek droom van die verlede ...
As ons net een keer weer kon dans ...

Skielik voel ek jou hand
En dis jou glimlag wat betower
Jou hart verklap sy geheim
En saggies sê jy vir my

Daar’s ’n plekkie net vir jou
Daar waar al my woorde skuil
Al gaan daar ligjare verby
Is daar nog steeds niemand soos jy ...

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top