Francois skryf dat die Santale die oudste is van die ganser mensdom en dat dit ’n feit is. Hy noem ook in sy brief dat ek dink hy het gesê Jan Rap moet meer oplees/navors/bykom of so iets.
Nou wil ek vir Francois sê, en dis ’n feit, dat hy sy feite nie reg het nie. Miskien sal dit help as hy bietjie navorsing doen oor tale. Ek is nie lus om kennis vir hom sommer so aan te bied nie, want soos ek hom op hierdie forum leer ken het, glo hy net homself en vertrou niemand en verkleineer ’n ander wat van hom verskil.
Verder het ek niks te sê nie, behalwe dat ek enigeen wat onwaarhede verkondig/propageer/die wêreld instuur, daaroor aanvat omdat dit gewoonlik met ’n eiewaandoel is.
Jakkie

