“Gewette” met Hoofletter, Mens issit werd,
prys mos kla’ v’reffen, in Utopia, Paradisio,
eish, Millennium Drie Homo Sapiens, Mens,
struktuurgeweldskrisis is ultra-uiters krities
en asse Mens ’t mooi in gedagte hou,
demokrasie, post-oranje-blanje-blou,
volk-nasie-identiteitskult, eish, v’lore,
hoor Mens net “ras”-’n-“klas” se kore
kanti, sonnetskrywer’s pap, sonne rym,
“Duiwelspiek”-dissipel kén Eind-ghym:
al word onkunde vir nogge eeu ontken,
vereis Lewe Twee Teorie, lat Mens wen
Stryd b’gint dus by einde, van Self-destruksie,
Gewete-herwinning, ’s gewissie vir sissies (nie)
Jacobus Faasen

