Vers 1:
Soms dink ek as die dood ons sou skei
Sou dit makliker wees
Ek is so moeg
Maar net so moeg vir slaap
Alleen
Sonder jou
Ek dink hoe baie ek alleen moes sit
Chorus 1:
En ek het dit aanvaar
Gedink ek sou die dele wat ongesond is kon verander
Soos ‘n messelaar
Soos een wat bou met klei
Vers 2:
Ek dink as ek by jou kon wees
Sou dit makliker wees
Perfek
Leer los – dit wat ek nie kan verander nie
Ek is so moeg
Seer gewag
Dat jy enige oomblik uit die skaduwee gaan verskyn
Chorus 2:
En as ek jou soek
Wat sal ek kry
Hoeveel meer afjak
Hoeveel meer pyn
Vers 3:
En ek is gereed vir nog
As ek maar net dood kon wees sou dit makliker wees
Maklik wees
Maar hier’s nog te veel te doen
Al is ek al so moeg
Chorus 2:
En as ek jou soek
Wat sal ek kry
Hoeveel meer afjak
Hoeveel meer pyn

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

