Nie soos Romeo en Juliet nie
Nie soos Romeo en Juliet nie
Nooit ? hartseer romanse vir my nie
Vir my moet ek en jy
saam oud en grys word
En saam ? lewe vol herinneringe hê
Ons moet saam ons kieries vat
in die lang pad saam gaan stap
Gesels oor die ou dae
en nuwe dinge wat ons pla
Dis hoe ek romanse sien
Twee mense wat tot aan die einde verlief kon bly
Wat saam die swaarkry en die lekkerkry
verby kon kry
Wat deur dik en dun saam kon staan
Sewe sakke sout saam kon eet
Dis hoe ek romanse sien
Dis hoe ek romanse sien
Saam het ons twee oud geword
Meer kan ons nooit vra
Meer kan ons nooit vra
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


