nie somme net oppie oombliksingewing

  • 0

eish, Mens, maar jy’s so beeldskoon-mooi,
al word Waarheid beloer, hoerlik opgetooi,
soos rykes, ytie lug yt, Mens klinies betrag,
Self t’sien, hoe word mede-Mens verkrag

sterf daar elk’ dag iemand, ‘n beminde,
maak elk’ dag iemand ergens nog liefde,
déjà vuïsties t’voel, klimaks anie uitkom,
interaktief samesmelting, eie aan Mensdom

staan Mens soms skoon verstom, veld-uit,
t’duidelik, hoe super-ongelyk speelveld loop,
mede-Mens van alle waardigheid gestroop,
van Naaste, Liefde, so streng deur Skepper,
Uitdruklik, Mens, volgens ieder Letter Geset,
as Eie, Essensieel, Oorlewingseind’ ter wille

kanti, allervolstrekte minderheidswetboek,
oudskool, Oraniaans, ultra-onoordeelkundig,
onwillig, demokrasie, in praktyk, toe te pas,
konsensusgerig, meerderheid te raadpleeg,
te veel ivoortoringwagters, neo-sedebewakers,
kyk net hoe hoog’s hul mure, hoe kil, verword

Naaste uitgelag, gesegregeer, dehumaniseer,
ge-“ras”-‘n-“klas”, verpejorativeer, ampt’lik,
via banaliteit, struktuurgeweldsillegitimiteit,
tot iets sosio-onaanvaarbaar verklaar,
soos in Indië, as kaste, onaantasbaar,
God se Skeppingsrol glattie aanvaar,
as Verifieerbaar, Toetsbaar, Waar

al lyk Skepsel presies soos Skepper,
bly Millennium Drie se Eerste Mens,
plus nageslag, hiërargies heel laaste

Jacobus Faasen

 

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top