lagweklik afgryslik, humoresk, treurig,
betreurenswaardig, vermydenswaardig,
lat Mens so, Mens Self, destruktief, dig,
botstom-domnooslik, sedert Eeu Een al,
Self submissief, submissieflik submissiveer,
onkund’-ontkennend, “Duiwelspiek”-bossies,
dissipeliaans onderdanig aan onderdrukker,
eish, pro-Guantanamobaai, so neo-liberaal,
apartheid se “ras” en “klas” effekvol vernu,
aangepas by werklikheid, van neo-apartheid,
solat “BBBEE”, of in “isiBhulu” “breëbasis-
swart ekonomiese bemagtiging”, RDP,
“patrioties versoening”, “nasiebou”, ai,
gesien word vir wat’t is, kosmeties,
my liewe magtig, Mens, rassisties,
soos g’n revolusie ooit moes wees
g’n revolusionêr hoef ooit t’vrees,
lat stereotipering, pejorativering,
weer geïmplementeer, geaktiveer,
geskiedenis se storie so gereduseer,
tot afgewaterd’ seep-operette, klug,
sit’t Mens mos ligjare, millennia, t’rug
Millennium Drie Krisis, seer kompleks,
nie so naïef, neo-lib, soos realiteit-tv,
een of anner nuwe mode, denkrigting,
idee, wil Mens nie meer eie glashuis,
pseudo-aangeplaktheidstoep oorverf,
reinig, absolusionêr amnestie verwerf
Gewete-herwinlik, hoofsaaklik Via Visie,
van ’n Skepper-in-Aksie, SiA, proto-
Kreërend, Makend, ja, Fabriserend,
Spiritueel Aktivisties, fundamenteel,
sien hoe Mens kan Síén, Spiritueel
Mens en Skepper, Naaste, mede-Mens,
Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens,
o Allah, eish, eintlikerwys nie baie lief,
vir Naaste, vir Naaste-Liefde, “vyand”,
nog minner vir U Inyaniso, Qhamatha,
Jah, Jahwe, Jehova, Jareya, Abba,
o Liewe Here, vergeef Mens, indien
U Blief, U kan, Allah, Mens Bevry,
los Skud, uit demoonikoonsindroom,
uit luimer-sluimer, Waarheid vermy
lat Mens uiteindelik, duid’lik opreg,
getrou, gelowig, gedissiplineerd,
geensins hoef t’huiwer, t’twyfel,
of enigsins twee keer t’hoef dink,
oor uitdaging, Ultra-Oorlewing,
ervaring van Vida, Lewe Twee,
want Almagtig Abba, Allah, U,
Vader, volgens U Heilig Woord,
gat U Self Als onvoorwaard’lik,
aan Mens Verleen, beskikbaar,
Maak, Stel, wat Mens b’nodig,
vir Lewe Twee, Ultra-Oorlewing
Jacobus Faasen

