Kaapse Dokter dáí tyd al b’drywig, lastig,
virre Khoisan-aktivis, Maria-mode onnodig,
waarheid, haak-’n-steek’s lief vir sis, vir sy,
safari, Khoi-kraal toe, kort ’n gepast’ kledy
selfs oppie Eiland, Eva, ’t u Compagnie g’dien,
by wyse van v’rgoeding, minn’r g’kry’s v’rdien,
dop-’n-twak-sisteem, vroeg al, koloniaal b’gin,
inkommer’t, glas-op-glas, vleisbroninfo ing’win
van vroeg al’t u aan neo-Nederlandsch g’werk,
vroom g’katkiseer, g’leer in G’reformeerd’ Kerk,
in Fort g’tooi, ‘coy’ Khoikhoi, m’t sjirurg g’troud,
hom lat b’gaan, m’t drome, van Afrika se goud
“Krotoa’s Place”, beneë u stand, u naam t’dra,
’t u Europa, gees-’n-vlees, v’rsoen, m’t Afrika
Jacobus Faasen

