nie meer sek’r

  • 0

Millennium Drie Krisis, Armageddon-apokalips, sup’rg’dorie,
Bacchus, Babilon, Mammon, jinne, in ultra-grotesk’ p’narie,
nu, meer’s ooit, Mens oppe piesangrepubliek-kapitaalsafari,
swakste g’eksploiteer, g’maneuvreer, deur boosheidsaskari

staan G’wete-lose, Self-v’rnietig’r, pen-orent, prominent,
probeer Kreasionisme, so waar, m’t neo-wet’nskap b’stry,
onn’r elk omstand’gheid, vry v’n v’rantwoordbaarheid bly,
intellektueel, hom of haar, na onkunde-ontkenning wend

ultra-weerloos versus orkaan, tsunami, flitsvloed,
t’r wille van magsposisie, Mens Mens Self v’rraai,
opportunisties Naaste net afmaai, hulpbron skaai,
swakke so, m’t lewe, v’r opg’legd’ swakheid boet

Mens nie meer sek’r, wie laaste sê sal hê,
hoe lank G’wete nog só, ong’bruik, sal lê

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top