"Nie meer nie" deur Bianca Ferreira

  • 0

Geskryf vir: Alle kunstenaars

Ek is moeg, verpletterd, gebreek
My hart in twee geskeer
Oor al die vat wat nie stop nie

Jy het my getrap, geskop, verkul en bedrieg
Ek staan nou alleen met my denke verleen

Refrein:
Vat wat jy wil, jy gaan my nie kry
Vat wat jy wil, ek gaan nie my siel verruil
My woord is my woord
Waarby ek staan tot my dood
Aan my siel en hart en geloof klou ek vas
Dis al wat ek nou oorhet

Jy het my gemors 
My vertroue gebreek
Al die beloftes verklik
Ons goeie tye bederf
Jy kan niks meer vat wat jy begeer nie

Refrein

Ek staan nou alleen
Op my geloof sal ek bou en vertrou
Ek het niks meer as dit nodig
Ek sal veg vir my geloof, want dis al wat altyd sal bly
Vir nou en vir altyd

Refrein (x2)

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top