"Nie genoeg nie" deur Carli Lessing

  • 0

Nie genoeg nie

1              
Aan die begin het ek gedink
Al jou stories het ’n punt
Dis ’n manier om my nader te kry
Aan die begin is ek gevang
Voor jou hart is daar ’n gang
Ek het gedink dat jy my daar wou inlei
Maar jy deel jou lewe soos ’n leë kamer
Waar net die hoeke handvat met die mure

Koor
Dit is nie genoeg nie; dit is nie genoeg nie
Om jou te ken
Dit is nie genoeg nie; dit is nie genoeg
Om te verlang as jy weggaan nie
Nee dit is nie, dit is nie
Dit is nie, nie genoeg nie

2
Ja, ek wonder wie jy is
As jy stokallenig is
En daar niemand anders naby jou is nie
Ek dink ek sou jou wou vertel
Van my hemel en my hel
As ek gedink het dat jy sou belangstel

Maar jy deel jou lewe soos ’n leë kamer
Waar net jou eggo bewyse is van lewe

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top