Dagsê Jaco
Jou kommentaar oor my reaksie op jou Aksie-reaksie-brief het betrekking.
Ek vertel vir jou 'n ding wat jy nog altyd gedink het blou is, is toe al die tyd rooi. Plaas daarvan dat jy, aan die hand van golflengtes, invalshoek, weerkaatsing en die soort van ding vir my vertel hoekom ek verkeerd is, noem jy my 'n fanatikus.
Kom ek wys jou: Jy skryf 'n mooi brief oor brûe bou, hande-vat en dies meer en sluit hom af met " Elke aggressiewe aksie, sal ’n aggressiewe reaksie ten gevolg hê. Elke goedgesinde aksie sal ’n goedgesinde reaksie uitlok."
Ek reageer daarop deur plaasmoorde, die vertrapping van Afrikaans, wegholmisdaad, die soort van ding te noem en vra jou wat jy dink die reaksie daarop moet wees. Jou respons is toe nie wat jy dink die reaksie op hierdie aggressiewe dade moet wees, of dat hierdie aggressiewe dade nie plaasvind, of dat ek die toestand verkeerd interpreteer of so-iets nie nee, ek is volgens jou fanaties. Is jou definisie van 'n fanatikus iemand wat Jaco Fourie se stellings bevraagteken? Dink weer.
Ek sien jy sê vir Duitswester en vir Perdebytjie jy wil nie met my 'redekawel' nie. Jaco, 'redekawel' kan gesien word as 'n stryery en daar was geen sprake van nie; ek het bloot 'n paar feite genoem. Ek het wel afgesluit met 'n persoonlike mening (waarop elke mens geregtig is), naamlik dat mense wat gevoelloos teenoor bogenoemde feite staan moet eenvoudig gebreinspoel wees. Dit is natuurlik ook jou reg om van my in hierdie opsig te verskil, my te wys waar ek verkeerd is. Die feit dat jy nie bereid is om te 'redekawel' nie dui egter vir my daarop dat jy nie kan nie; dit is dus ook volgens jou waar.
Groetnis
Jan Rap


Kommentaar
Whatever!
Jaco Fourie