Ek vryvertaal Alexander Pope se “Nature and Nature's laws lay hid in night: God said, let Newton be! And all was light” met:
Skeppingsgeheime vir mensdom donker nag
God gee wêreld Newton, als word helder dag!
Ek lees Thomas Levenson se Newton and the Counterfeiter lees (Houghton Mifflin 2009) en herleef die geniale insig en goddelike oomblikke om en by 1643 wat sy super-intellek en begrip ontwikkel het van die misterie van beweging en massa, die aantrekkingskragte (gravitasie) van liggame en hy denkende, eksperimenteerder die grondslag gelê het vir ’n nuwe, revolusionêre wetenskap en wiskunde, wat eeue later ’n man op die maan sou laat loop het en internet vir Jan Rap en sy maat bewerkstellig het!!
’n Tour de force van wetenskapskryfwerk!!
Jan Maarschalk

