soms voel Mens melankolies, pessimisties, als nie pluis,
vergeet Mens soms, Lewe Twee-keuse impliseer ’n huis,
wie op Aard’ ook al Gewete wil herwin, uitte vrye keuse,
leef jint’mal strydig m’t struktuurgeweld se gelese leuse
Self-destruksie hot-’n-haar, oraloor, so woeker, werskaf Mens,
voorwragtigwaar, oorlogsugtig, onveranderlik, Homo Sapiens,
Skepsel, yt Skepper yt, oulik yt Sý Hand yt tot Mens formeer,
ooreenkomstiglik Sy Heilig Wet, Sy Groot G’bod, Wil, Sy Leer
beself selfs literati, paparazzi, kapitalis se kjend, ’n Krisis dié,
sedert ’94 was daar nog g’n besinning, re “ras”-“klas”-teorie,
Boipatong, Marikana, Khoisanvolksmoord, syfers topgeheim,
nettie geldkleur’t veranner, re res, “so very much the same”
steeds ’ieselle, presies selle ou storie, o glorie, (dammie ammal só)
“Duiwelspiek”-dissipeliaans, opportunist’-aktivisties, glo pro-Karoo
Jacobus Faasen

