nette bietjie naast’liefde

  • 0

aysh, Allah, Magtig’, Millennium Drie Mens,
“umBhulu”, “umLungu”, “umLawu”, onvanpas,
almal derie bank b’kint as “umNtu”, “abaNtu”,
zero “Boesman”, “Hottentot” of “Bastaard”,
nog minner enige spraak van “Kwêrikwêri”,
nesse “kaffer”, uit apartheidsboer se tyd,
pejorativering van mede-Afrikaan, Mens,
asse voorbeeld van Mens se vermetelheid,
word daar wragtig nog na “Slams” verwys,
loop onafrikaanse “Boer”-taal-etiketteerder,
nog hoog en droog, etiekloos, los, in Azania,
toeg’rus, m’t mandaat, medemens t’degradeer

vra pseudo-g’lowige ewe vroom, waar’s U Droom,
wat’t nu van Mens se Gewete g’word, Liewe Vader,
kind net so Self-destruktief soos rolmodel, Mens,
Millennium Drie inligtingstegnologie lei Mens weg,
al verder weg van enigste Oplossing, Verlossing,
Skepper sien Skepsel kort bietjie Kreatiwiteit,
enigsins ontslae t’kan raak, vannie mentaliteit,
lat kapitaal se “ras”, “klas”, Mens Pad mis, ja,
yt kloue van “Duiwelspiek”-hofnarriteitstommiteit,
yt onkund’-ontkenningskundekennersdomnooslikheid

struktuurgeweldsgewelddadigheid in supervolle swang,
Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens nogal skytbang,
m’t volle Guantanamobaai-aandadigheid, oorlogslis, yt-
g’vang, hoofnuus op elke medium se medium, indaba,
nesse terroris wat skoon b’roof van sy of haar sinne is

en waa’ daa’ vroeger zo, iets soos Liefde was,
nu zero, niks vir algemeen sitrap, spindokter,
marknavorser, hoofekonoom, BBBEE-b’legger,
Afrika-Renaissance-herontwerper, b’planner,
lyfwag, spesiale taakmag-b’magtigde, spysenier,
op t’dis, aan meerderheid as “legitiem” aan t’bied

Self-destruksionis mosse ronne nul oppe kontrak,
indien kameraadskap nie meer g’duld of b’proef,
tot in ware betekenis, semanties, vannie woord,
regmatig toeg’pas word, oppie lêwwelgrêwwel,
vannie gelykgelêwwelde speelveld, materieel,
Eerste Mens nie meer laaste, stryd aang’pak,
g’saamt’lik, kollektief, meeste versus armoede,
G’wete-loosheid, g’wetenloosheid, haat, vrees,
alles wat Mens en Naaste uitmekaar uit wil hou,
Skepper se Projek wil laat flop, lat Hy net Wag,
vir nogge drie millennia kyk of Mens s’l reageer,
aan Sy Tekens erkenning s’l gee, erkentlik,
nie-ampt’lik Skepper vir Sy G’na s’l v’rsoek

Millennium Drie Homo al sy of haar akkies agt’rlaat,
medemens nie meer tot ’n anner “Anner” degradeer,
nie meer lande inval, asof hul nooit onafhanklik was,
inwoners van hul eie inkomste b’roof, heller oordag,
vrede en geregtigheid met hul droonbomme v’rkrag,
kolonialisme, imperialisme, inne nuwe baadjie klee,
terwyl hulpbronne, een narie anner, in- en meegee

glattie kosher, halaal, spiritueel aanvaarbaar,
virrie situasie, soos’t tans figureer, uitspeel,
op deesk’ Planeet, ook in en om eie b’staan,
Self, super-realisties, werklik, neo-reëel,
Millennium Drie Krisis, al haar dimensies

Homo Sapiens Sapiens Self, eventueel,
nie eintlik b’reid, iets yt Krisis yt t’leer,
via Self-destruksie Self se gat gat sien,
miskien gat kry wat Mens rêrig v’rdien

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top