Net Woorde
Die wêreld sal moet wag
Gee my een ding op ? slag
Dis seisoenaal
in elk geval
En hierdie is net woorde
Ek soek na mense met akkoorde
Dis seisoenaal
in elk geval
Die lewe sal mens vir ? ride vat
en alleen los
Langs ? godsverlate pad
Staan maar op en hou aan loop
Êrens langs die lang pad
is daar hope hoop
Wanneer jy swaar dra aan die wêreld se gewig
vind die son
en gaan loop in die lig
Wind uit, jy lê en jy’s spyt
Droom jy oor dit wat eintlik moes wees
Hoe dinge sou kon uitwerk
Niemand kan die toekoms in lees
Rol dan maar met wat jy het
maak dinge vir jouself pret
Want dit gaan ook verby
Alles gaan ook verby
Ek verf mooier met woorde
en sing beter in kleur
Dinge kom en gaan
Goed en sleg
Reg of weg
Jy moet maar net sterk staan
en deurdruk en aangaan
Want dis seisoenaal
in elk geval
En dit gaan ook verby
Ja, alles gaan verby
Om alles nou
van ? afstand af te aanskou
Wiele wat draai
is iets om aan vas te hou
Foute is meer menslik as sukses
dis alles deel van die proses
Maar dis seisoenaal
in elk geval
En dit gaan ook verby
Alles gaan verby
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


