"Net ’n man" deur Molly Bester

  • 0

Net ’n man

Ek weet ek was nie daar nie
Toe jy my daar wou hê
Ons storie was nie klaar nie
Daar’s baie om te sê
Ek weet jy is teleurgestel
In my soos ek hier staan
Maar moet jou nie oor my ontstel –
Jy sal eendag verstaan
Ek moes opgestaan het toe ek sien jy val
Ek moes jou kom haal het; ek’t gesê ek sal
Ek moes jou hart bewaar
Maar ek was so deurmekaar
Vergewe my ‘seblief – ek hoop jy kan ...
Ek is after all net ’n man
Ek weet ek het gehuiwer
Om t’rug te veg vir jou
Ek wil my vir jou beywer
Maar dis te laat nou
Jy’t ’n skouer nodig gehad
Om op te gaan huil
Maar dis nou ’n ander hart
By wie jy veilig skuil
Ek moes opgestaan het toe ek sien jy val
Ek moes jou kom haal het; ek’t gesê ek sal
Ek moes jou hart bewaar
Maar ek was so deurmekaar
Vergewe my ‘seblief – ek hoop jy kan ...
Ek is after all net ’n man
Ek sal enigiets, enigiets gee
Om weer reg te maak
Om jou trane af te vee
Ek hoop jy sien dit raak
Spyt is my tuiste nou
Selfverwyt is my maat
Ek sak stadig weg in berou
Want ek weet dis te laat
Ek moes opgestaan het toe ek sien jy val
Ek moes jou kom haal het; ek’t gesê ek sal
Ek moes jou hart bewaar
Maar ek was so deurmekaar
Vergewe my ‘seblief – ek hoop jy kan ...
Ek’s after all net ’n stupid man

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top