Net 'n gedagte

  • 0

ek wens ek kon sê, liewe dagboek

daar waar ek in vergetelheid

in privaatheid

my eie kak geheimpies kon neerskryf

… ’n ena murray ideaal

wat lankal gekak het

graag sou ek

as ek mag

riaan en marna

die beste toewens

dalk, score hy

dalk, score sy

ek glo beide is wenners!

‘n beste vriend is al drie keer getroud

toevallig, sy bruid ook

verliefdheid, ‘n dualistiese projeksie

romantiese liefde (met hormonale afskeidings)

‘n illusie

ek sien in jou

wat ekself kortkom in myself

na die die “ liefdes sop ”

letterlik en verguurlik, suur raak

die projeksies van die “ magical other “ taan

sit jy in kakstraat

waar -  jy begin het

jy is ‘n siniese bliksem, sê iemand

almiskie

liefde is ’n werkwoord

daar is fokkol, maar fokkol

misterie

“unconditional love”

vra niks, kry niks en wil niks hê nie

my eie neediness, insecurities

of wat ook al kak

het maar fokkol met liefde te doen

liefde is ’n keuse

liefde is ’n commitment

liefde is werk

fokkit, na 36 jaar

behoort ek ’n idee te hê

my horison waarna ek toe beweeg

is nader

as die een vanwaar ek begin het

my gesiggie plooi

my pensie raak boep

en die ou stingel

wens ek, is ‘n jakobregop

eintlik was die diatribe

oor ’n pel wat al drie keer getrou het

een, drie of vyf

die basics bly dieselfde

geloof, hoop en liefde

die grootste

liefde …

’n ontwykende ster

het die drie wyse manne dit nie nagejaag nie?

op kamele nogal!

vat ’n kans

wen ’n datsun

terug by my driegetroude pel

sy nuutste geliefde is ’n professionele persoon

hy het belowe om vir haar te sorg

ek dink, hy het biekie gelieg

toe sy na inbetalings vra

counter hy ewe chauvinisties

soek jy geld …

is jy ‘n hoer?

beide is liewe pelle van my

laat my dink aan die private geld in ons land

wit kapitaal …

swart, anc en onbevoegdheid

kleur ons oordeel

ek is klaar oud en in my moer

wat van ons kinders en kleinkinders?

ons liefde vir geld en die se vrugte

het fokkol toekomsvisie

“laat hulle koek vreet”

in die sonnige droewe land

waar ons leef

met die meeste wat fokkol het om te eet

of

om te sukkel  vir broodwerk

geniet jou paleis

geniet die die mag van jou geld

geniet die “bubble waarin jy leef”

huis, paleis, pondok

varkhok …

jou kinders

en kleinkinders

gaan kak!

sela sela

jou mens, godsdienstige en politieke insig

is “varnish” op ’n werklikheid

een en een is - twee

abrham nel

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top