"Net Gister" deur Hyren Peterson

  • 0

Net Gister

Gister, net gister
was jy hier
Jy het my hand vasgehou
Op die lippe gesoen
My laat lag

Gister, net gister
het ek gedog ons is vir altyd
Nog die pad gesien
die lang pad wat ons sou stap

Gister, net gister
was ek joune
Jy was myne
Ons was

Gister, net gister
het ek nog in jou oë gekyk
Ek het beide reën
en vuur gesien

Gister, net gister
toe sê hulle
Ek sou jou nooit weer sien nie

Gister, toe word ons ‘ek’
Gister, toe raak jy weg
Gister, toe hang jy
my laaste
greintjie
hoop
van die garage
se balkon af

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top