Net die twee van ons ...

  • 7

Angus,

'n Trooskussinkie:

Ja, onse eie Doktor KdK en sy kleine klonale Dolf van Loggerenberg is net so ontsagwekkend soos die gedugte Dr. Evil en sy Mini Me.

Selfs Henry Oosthuizen met sy deur die een oog kyk na die werklikheid en die byna vergete Aletta (Dr KdK se berugte Alie) is in die prentjie ...

Onse Doktor KdK is nes Dr. Evil ’n hoog geprysde persoon. Dit ontbreek hulle nie aan verstand, insig, intelligensie, kennis, wysheid en veelsydigheid nie.

Nes Dr. Evil en sy Frau, is onse Doktor KdK onafskeidelik verbind aan die hoogs intelligente en nimlike Tant Alie; godsdienstig, selfstandig, kunstig, musikaal, skrywer, digter en ewe veelsydig.

Hulle sal nooit alleen wees nie. Dolf, hul afbeeldsels op die werf, gaan nog lank kom en gaan – hoogs intelligente "go-getters" en selfstandige denkers, ook veelsydig – ontluikende bome in die ou grote Kobus de Klerk se kloniese en sensasionele pragtuin hier op die werf. ’n Vreugde vir hul makers! Hulle eer nog hul formeerders ... maar is NIEMAND se vloerlappe nie!

Namaste!

Cornelius

  • 7

Kommentaar

  • Cornelius,

    My maggies, ou Cornelius – niks om te sê nie, nou broei jy maar weer nonsens uit. Lyk my jy het ’n voorliefde vir die vermommings tipe vermaak, siende dat Mike Myers al drie die rolle speel van Dr. Evil, Mini Me en Austin Powers self. Maar dan weer, is Austin Powers nie my tipe vermaak nie – jy weet, die tipiese vermommings vermaak –  ek verkies om eerder on-vermom deur die lewe te gaan – die “people pleaser” vermommings praktyk geval my nie.

    Lig loop en pasop vir die varke, ou Cornelius – ek sien jy rol al weer in die semels!

    Sterkte

    Dolf

  • Beste Cornelius,

    Hoe laat jy my skrik, man, ek dag ek sien spirituele spoke. Ons sal maar in die toekoms moet oppas waar ons delf, anders steek ons iets onaagenaams raak met die graaf. Die goed kan sowaar vermeerder ook, oppas!  Kyk hoe waarsku D.J. Opperman ons.

    FABEL

    Onder die misbredie

    in die reen uitgestrek,

    voer twee erdwurms

    'n spits gesprek.

    oor "ek" en en "jy"

    en "my kontrei", 

    oor "hier was eerste

    my krot van klei".

    'n Toevallige graaf

    het toevallig gesak,

    die twee erdwurms

    middeldeur gekap:

    Vier erdwurms 

    ruk slymerig voort -

    die "ek's" en die "jy's"

    twyfel waar hul hoort.

    In digter bredie

    by die herontmoet

    het elkeen beleef

    homself gegroet.

  • CorneliusHenn

    Dolf, jou gesiglose dwepery op die werf is ewe vermom. Nie een van julle "ware gelowiges" is behoorlik sigbaar nie. Nie eens jou hoëpriester die ou grote Kobus de Klerk se profiel is duidelik nie. Maar dis hoe julle huiskerkbende nog altyd en al die jare op die werf bedryf het; die verleentheid van jul "ware boodskap" is te groot vir jul egotistiese aansien in die wêreld. Hoe anders? Kom wys jou bakkies in nederige diens aan die "ware godsdiens" wat jy kwansuis uitdra as jy kan. Kobus de Klerk kan op geen manier bekostig om herken te word in die openbaar nie. Dink net hoe sleg sy vele gedaantes langs hospitaalbeddens in die slag sal bly as iemand hom hier as Dolf of Henry herken. Hahaha ...

  • Cornelius,

    So wragties, ou Cornelius, daar pas die skoen jou perfek – nou toe nou!

    Jy wil nie luister nie, Cornelius! Let op in die klas! Die varke, onthou tog die varke!!!!!

     

    Angus,

    Jy is duidelik ’n ou Afrikaanse digter aanhanger, jy! – maar die “bredie” waarvan D.J. Opperman praat is eintlik die “sop”  (kan jy onthou, dis dié “sop” wat jy nog met jou groottoon omroer!) waaruit jou oer-oer voorouers ontsnap het! Jy sien, die wurmpies (ons noem hulle maar só, eerder as iets soos “mikroskopiese klein en eenvoudige lewensvorme" wat “by chance” gevorm is – maar jy behoort te verstaan wat ek bedoel) het verdeel ... (moet nou nie die storie kom omkrap deur te wil weet wáár die ou met die graaf vandaan gekom het nie, man!) ... en was toe (na miljoene-der-miljoene jare) 4 (ons flans die hipotese aanmekaar en stel die teorie daar dat ... Nee, nee sekere "wetenskaplike" aannames hoe nie bewys te word nie ... hulle eers net een was – maar het verdeel en alle lewensvorme vandag kom van die eerste enetjie af!!). In elk geval, waar was ek? O Ja! Die een wurmpie het toe natuurlik geselekteer om te bly waar hy is en evolueer uiteindelik toe in ’n kameeldoringboom – die ander wurmpie was kwaad vir wurmpie nommer 1 en selekteer toe natuurlik om eerder uiteindelik te evolueer in ’n kameelperd! Wurmpie no. 3 wou niks met wurmpies 1 & 2 uit te waai gehad het nie en het weer natuurlik geselekteer om uiteindelik te evolueer in ’n walvis en wurmpie no 4 wou nog altyd vlieg en selekteer toe natuurlik om uiteindelik in ’n arend te evolueer! En siedaar, daar het jy dit – die fabel van die evolusieleer opgesom “in a nutshell”!

    Terloops, is dit nie pragtig hoe D.J. Opperman die woord "Toevallig" so effektief gebruik nie (2 keer)! Maar dan weer, berus julle evolusieleer illusie ook op toeval! Hoe toevallig!

    Boggom sê ek vir jou, Boggom man!

    Sterkte

    Dolf

  • Beste Dolf,

     
    Dankie vir jou bewys van evolusie: kyk hoe sluit jy jou skrywe af met Boggom-krete!
  • Angus,

    Ek vra nederig om verskoning – dis net dat ek probeer het om op jou vlak van verstaan te probeer kommunikeer (af te sluit) – jy weet mos man, jou "geloof" in die ape van die "apie sindroom" (jou voorouers?).

    Ek het spesifiek op die bobbejaan se roep gedui, met die aanname (jy sal dit verstaan) dat die apie in jou miskien ge-evolueer het na bobbejaan status! Maar nou ja, my aanname was verkeerd. Weereens, sorry man!

    Sterkte

    Dolf

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top