"Net die maan sal weet " deur Leynize Koen

  • 0

Net die maan sal weet

Jy sal nooit weet hoe seer jy my maak nie
jy sal nooit weet want vir jou maak dit nie saak nie
Ek weet nie hoe om vir jou te se wat anderkant die reënboog lê
Partykeer is ons drome net te ver om aan te raak
En partykeer is ons wense net te leeg om saak te maak

Daar lê ? sterreryk tussen ons uitgesprei
en die morester is te moeg om verder te wil ry
Sy sê sy sal vir my gaan soek ander kant die reënboog
daar waar ek my hart so diep in jou verloor het

En net die maan sal weet hoe lief ek jou het
En net die milky way kan my trane afvee
En net die maan sal weet wat ons als opgeoffer het
En net wind ken my elke tree

En as ek jou soek tussen al die herinneringe van gister
sal ek vind jy’t lankal reeds die tyd laat stil staan
en my gemis terwyl jy jouself probeer vind het

Sal die trane op my wang dan glinster in die son?
Sal ek ? handvol sterre kan vang en op een van hulle wens?
Of sal ek kyk hoe jy soos ? verskietende ster
net al hoe verder in die ruimte in verdwyn?

Sal jy ook net vir my soos stof in die wind wees?
En sal ek dan jou Jupiter wees
en eindeloos my hart om joune laat wentel?

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top