Paradys toe net so mooi soos Sy altyd Klink,
mede-Menslikheid, umNtu se ubuNtu, geskik,
geen klaskamer, taal of kultuur, gereserveer,
Mens kan met Naaste, Liefde, Vrede, maak,
einde maak aan Facebook-pseudo-kosmetika,
magslus, uitbuiting, “Duiwelspiek”-dissipelskap,
als wat Mens afkeer, weg van goeie geselskap,
bose so eg realisties, soos sjy opperboosjheid,
uit wie se hanne Mens Gewete terug moet kry
leef liewer via prisma van Waarheid,
oppie ou Skaal, van Geregtigheid,
sonner mites, illusies, reste,
van ultra-Verwoerdiaansheid,
soos “ras” en “klas”, outyds,
heeltemal yt Millennium 3 yt
hardloop tyd vir Gewete-Herwinning,
vir Homo Sapiens Sapiens gou yt,
God Weet, disse Gewete-stryd,
hierie era aansienlik ingewikkeld:
gee Mens meer tegnies, takties,
mede-Mens, Naaste, koueskouer
Jacobus Faasen

