nergens meer veilig??
als en almal
ergens oppe databasis,
vasgevang,?niemand sonner identiteit,
bewys van Mens-wees,?
asof Mens, mede-Mens, Naaste,
lankal al gelyk is,
Self selfs Self sal kan verlos,
uit vrees se sindroom?
Millennium Drie, die Teorie,
oor "Lewe Twee",
provisioneel, tot beter opsie opduik,
werklik,?Mens Mens mos maklik
Self, in situ, kan skik,
uit "Duiwelspiek"-onkund'-ontkenning uit
vannie heel begint af,
Mens gefokusd, wesenlik,?
verlies van naiwiteit toe eintlik nie so wonderlik,
Mens, inne uniform, anner in uniform aan't uitmoor,
fiksie so besig om stryd versus waarheid te verloor
sal talle mede-Mens, gewoon bus moet mis,
geinkorporeer word in sjatan se geskied'nis
Jacobus Faasen????? ?

