neologie

  • 0

neologie, ideologie, denkpatroon, in Millenjum 3 gedaant’,
Mens wat needrig, sommer aankyklik minner verwaand,
hom of haar eksklusief, dedikatief, ultra-progressief,
sal en wil, graag sou wou, aan goeie werk, oorgee,
toewy, opoffer, God in volle munt vergoed, beloon,
Mens wat lank leef, doen, verrig, sommer baie goed,
soos ineen pas van omni-legkaart, (in) groter Geheel:

hoe Mens, eens so Sapiëntisties, waardig, realisties,
super-mede-Menslik, Mens-liewend, mede-Lewend,
ko-Aardbewonerlik, lieflik, baie pragtig, oulik, mooi,
mekaar met Liefde sou kon bystaan, ophef, uit,
uit alle soorte, grade, dimensies, van armoede,
van Gees, Gewete-loos, vleesliker as tevoor,
struktuurgeweld in kapitaalstelsel ingebou,
mede-Mens na half-mensheid uitrangeer,
soos ‘n kartonteiken aan flarde gewetter

Vader, soebat Mens, dié met bietjie Gewete oor,
gee Mens tog Krag, voor Mens Self totaal verloor,
voor “Duiwelspiek”-dissipels meerderheid wil beheer,
nog ‘n regime-verandering innie Ooste wil orkestreer,
met alle geweld struktuurgeweld gewetenloos, gierig,
soos ‘n tenderpreneur, met ‘n visie, wil implementeer,
ideologie sonder basis, mag, eksklusief, by minderheid,
g’n sprake van ‘n neologie, op nuwe wyse na dinge kyk

Jacobus

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top