neo-Mens

  • 0

's eintlik, ma’ wat Mens is, “neo-Mens”,
aangepas, gekondisioneer, oorgekloon,
gebreinspoel, ge-GM, eish, vol agitprop,
starig besig, Self-destruksie t’vervolmaak,
kapitalisme tot haar laagste punt te voer,
of Mens nie besef, Gewete’s in haar moer,
“Duiwelspiek”-dissipelskap aan dag se orde,
wet, wil onderworpe aan klepto-korruptokrasie,
sekuriteit, van superstaat, struktuurgeweldspil,
bankvas, getrou, agter illegitimiteit, ontkenning,
van onkunde, oor eeue, so sonner een besinning

neo-Mens, opsommendergewys:
binnekort sonner hulpbronne,
of Liefde vir Naaste, vir Self,
enige kans op Geregtigheid,
as beskaafdes so kosmeties,
pseudo-dinamies, ultra-geyk,
so Gewete-loos voortfoeter

 

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top