Neiging om vir 'ewig' te wil leef?

  • 1

Noem dit 'kopskuif', noem dit wat, niemand sal ewig leef nie. Almal kry hul kans om deur gulsige wurms getakel te word! Wonder net wanneer 'n infrarooi kamera in 'n kis gaan land, om dié wurms in aksie te wys? Dalk sal daar meer geredelik versoening met dood wees, as kopskuif?

Dikwels hoor man van iemand wat gesit en Tv kyk het, gesonde man en dan net doodgaan. Dan word dit ge-oe en a daaroor! Ek dink dis 'n genetiese bedradings'fout', party is soos Chinese produkte! Hou net tot die 'warranty' verval, sonder waarborg??

So terloops, onderskeid in Afrikaans tussen 'warranty' en 'gaurantee' is wat? Waarborg is 'gaurantee'. 'n Woord soos 'dienswaarborg' is misleidend vs waarborg!

Jan Rap help my!

Hans

  • 1

Kommentaar

  • Ek dink nie daar is veel sprake van wurms in 'n kis nie omdat die "wurms" waaraan ons hier dink gewoonlik die larwes van brommers is. Die kis verhoed dat brommers hul eiers op jou lê. Teen die tyd dat erdwurms by jou uitkom, het bakterieë jou beendere gewoonlik reeds skoon gevreet.

     
    Wat die ewige lewe betref, moet mens dit mooi deurdink. Ewigheid is 'n lang tyd. Gaan dit na, sê nou maar, dertig triljoen jaar nog steeds so lekker wees?
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top