1913

  • 0

Goeiedag.

Dana Snyman het nog altyd my aandag geboei.

Hierdie bydrae in Beeld, is ook geen uitsondering nie.

Ek haal die volgende daaruit aan:

"Dadelik dink ek weer aan Sol Plaatje, wat in 1913 op ’n trapfiets hier op Hoopstad aangery gekom het. Dit was kort nadat die Wet op Naturellegrond van 1913 van krag geword het – die wet wat onder meer bepaal het waar en waar nie swart mense grond mag besit. Dit is ook die wet wat nou, 100 jaar later, steeds ter sprake kom wanneer oor die herverdeling van grond in die land gepraat word."

Enigeen wat selfs net effe die Suid Afrikaanse geskiedenis ken, weet dat die Britte bewind in 1910 reeds geneem het, en hul groteske monument - die Uniegebou - ter herdenking daarvan in Pretoria opgerig het.

Almal (Boer en Afrikaan), behalwe die Ingelse, is sedert 1910 deur die Britte onderdruk.

Dis dan ook vanselfsprekend dat die Britte, Apartheid op die boek geplaas het.

Vandag beskou menig Afrikaner (totaal gebreinspoel deur geslagte se Anglo en Amerikaanse propaganda), nog die Uniegebou as simbool van hul vergange selfregering en onafhanklikheid in die destydse Republiek van Suid Afrika.

Daarom sluit Dana Snyman ook heel gepas af met:

"Die dinge van 1913 is vir baie mense nog nie verby nie."

Nog 'n goeie punt wat Dana Snyman ook daarin maak, lees as volg:

"Tot voor 1913 was dit ’n algemene gebruik dat plaaswerkers hul eie vee kon aanhou op die plase waarop hulle gewerk het. Hulle kon ook hul eie landerye op die boer se grond maak."

Dis die Boer se hart; selfs lank voor die grootste leier in die geskiedenis van Afrika - Oom Paul Kruger -  in die Transvaal gedien het!

Die Uniegebou kyk Suid, want die Britte het gedink die son se invalshoek sal hul ook onderdanig wees - nes in die Noordelike halfrond.

Maar nou ja, nes die Ingelse hulself met die son misgis, net so is daar menige Afrikahart wat hul nooit die knie sal buig nie - en 1913, so in die lig sal hou.

Boeregroete,

Cornelius Henn

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top