Jy dink dat, om ? google-skakel te gee, ? klinkklare bewys is dat iets waar is. Ek sal dan maar voortaan Google met ? hoofletter moet skryf, want vir jou is dit sinoniem met God. Ek neem jou dit ook nie kwalik nie, want die ooreenkoms is heel duidelik. Vir jou is Google alwetend, en is Sy kennis groter as God s’n. Hy is alomteenwoordig oor die hele wêreld. Hy beantwoord gebede, want Hy het ? antwoord op enigiets wat jou kwel, van kanker tot masels. Hy is nie ? fisiese wese nie en daarom onsterflik. Hy’s oneindig, liefdevol, onthou alles, en meer mense besoek hom as vir Jesus, Allah, Boeddha, en God tesame. Net om jou tevrede te stel, hier is die skakel.
http://www.thechurchofgoogle.org/Scripture/Proof_Google_Is_God.html
Ek het jou herhaalde kere al gesê, trek jou witjas aan en doen eerstehandse kennis op. Moenie in jou studeerkamer sit en net staatmaak op Google en die Bybel nie.
Ek is ? ateïs, ook wat Google betref, daarom is dit vir my sinneloos om verder met ’n slaaf van Google te redekawel.
Groete
Angus

