|
Winterkos in Provence Skrywer: Marita van der Vyver Marita en Alain se groot familie eet graag en baie. Marita verkies om volgens die seisoene te kook, om geld, tyd en moeite te spaar – en vir optimum smaak. In die winter moet sy slim koop en kook om die beste te maak van die kleiner verskeidenheid vars produkte, maar sy ken talle kosgeheime en haar kos word opgekikker op allerhande maniere. Die boek is op Suid-Afrikaanse kokke gemik en al die bestanddele is plaaslik beskikbaar.
Die boek is vol watertand-idees. Marita maak gebruik van die olywe-oes, oesters en foie gras. Kerstyd word kleinkoekies verslind, en Provensaalse Kersmaal word met die Dertien Nageregte afgesluit. Koningsterte word gebak met ’n gelukbringertjie weggesteek in ’n geurige amandelvulsel, asook stapels pannekoek. Dan is daar ook ingelegde ansjovis, eend, droë worse en gerookte hamme, gedroogde kabeljou, patees en konfyte.
Sy maak seker dat die resepte sonder te veel moeite of onkoste buite Frankryk aangedurf kan word. Dis kos hierdie wat meer as net die lyf voed, dis kos wat die siel verwarm. Sielskos, hartlike kos, opregte kos.
“À table!” bulder Alain uit die kombuis, bo-oor die musiek wat soos altyd vreeslik hard speel wanneer hy kook. “Kos is op die tafel!”.
Ook beskikbaar in Engels, Winter Food in Provence.
Klik hier en koop jou eksemplaar van Winterkos in Provence nou van Kalahari.com!
|
|
|
Kokkedoor 2 – Versamelresepte Skrywer: Errieda du Toit Die tweede boek van die uiters gewilde realiteitstelevisie-reeks Kokkedoor.
Dié kookboek bevat die watertand-resepte van die reeks, en daar word al te lekker agter die skerms gekuier. Hierdie boek sluit ook die resepte van die beoordeldaars in, asook die resepte van bekende kospersoonlikhede wat op die Kokkedoorstel ingeloer het. Leer die deelnemers en beoordelaars ken, en soek die groot kokkedoor in jou eie huis deur die resepte te herskep in jou kombuis.
Nostalgie het nog nooit so lekker geproe nie!
Klik hier en koop jou eksemplaar van Kokkedoor 2 – Versamelresepte nou van Kalahari.com!
|
|
|
Ballade vir ’n enkeling Skrywer: Leon van Nierop In die middel jare tagtig het die treffer TV-reeks Ballade vir ’n enkeling rekords gebreek. En nou word die verhaal weer vertel, maar dié slag soos dit werklik gebeur het, sonder versagting, aangepas vir 2014. Dit begin wanneer een van die land se gewildste skrywers, Jacques Rynhard, op die kruin van sy loopbaan verdwyn. Dan kry 'n voormalige misdaadverslaggewer, Carina Human, opdrag om nie alleen uit te vind waar hy is nie, maar ook hoekom hy verdwyn het. Sy krap 'n perdebynes oop van verraad, donker geheime, moord en mislukte verhoudings. Maar wanneer sy by die eintlik rede uitkom vir Jacques se verdwyning, besef sy dat sy met een van die grootste stories van haar loopbaan te doen het. En dat nie almal met wie sy tot dusver oor Jacques gepraat het lewend uit hierdie ondersoek sal kom nie. Maar nog erger: Carina besef dat daar sterk ooreenkomste tussen haar en Jacques Rynhard is wat haar lewe in gevaar kan stel . . . Die gelyknamige film word uitgereik in 2014. Klik hier en koop jou eksemplaar van Ballade vir ’n enkeling nou van Kalahari.com!
|
|
|
Groen ham en eiers Skrywer: Dr Seuss Wanneer die astrante klein Bek-is-ek daarop aandring dat ou oom Beyers sy groen ham en eiers eet, word dit ’n geval van aanhouer wen. Die les is dat ons nie kan sê waarvan ons hou of wat ons verpes, voor ons dit probeer het nie. Dr Seuss se Groen ham en eiers, propvol rollende ritme en onweerstaanbare rymherhalings, is die ideale boek vir elke vroeë leser, asook ’n heerlike boek om hardop voor te lees. Hierdie klassieke boek is nou vir die heel eerste keer in Afrikaans beskikbaar, met ’n fantastiese rymvertaling deur Leon Rousseau. Klik hier en koop jou eksemplaar van Groen ham en eiers nou van Kalahari.com!
|
|
|
Inboekeling Skrywer: Hans du Plessis Hy word met ’n riem op die werf aangesleep. ’n Seun. ’n Vreemdeling. Van balans af op sy lomp voete, die slaphandhoed diep tot op sy bakore getrek, rooi in die gesig van die riem om sy nek. Die mense wat hom staan en aangaap, is nie vreemdelinge gewoond nie. Hier waar hulle woon, het niemand vantevore gewoon nie. Hul leier het hul trek ’n jaar of ses gelede tot hier gelei, met sy velskoen se hak in die grond gekap, sy groot hand besitlik gewuif en die gebied tot sy eiendom verklaar. Hier is sy woord wet. Die sieleherder het sy gesag uit die Bybel bekragtig. Ook oor die inboekelinge, daardie kinders wat ná skermutselinge met die inheemse mense teruggebring is laer toe. Die pa’s en die ma’s het hulle geskiet – veediewe, almal van hulle – en die kinders is weggevoer om as slawe groot te word. Inboekelinge. Die seun aan die tou sien ’n swart meisie vanuit ’n tuitkappie na hom staar. Eers later, toegesluit in ’n smidswinkel, sal hy agterkom wie en wat sy is. En as hy saamgeneem word op ’n ekspedisie om gesteelde vee terug te kry, sal hy te staan kom voor die godskreiende werklikheid van háár lewe: ’n kind wat tussen die lyke van haar ouers opgeraap en op die saal van ’n ruiter weggevoer is. En dit sal hierdie eenvoudige seun wees, wat aan ’n riem op daardie trekkerswerf aangesleep is, wat dit in die hinterland tuisbring dat daar geen durender band is, g’n tou so sterk nie, soos die verbintenisse wat die hart aangaan. Klik hier en koop jou eksemplaar van Inboekeling nou van Kalahari.com!
|
|
|
Siobhán van die sirkus Skrywer: Jaco Fouché En ek is die een met die naam wat al hoe meer mense deesdae reg uitspreek, al vrees ek die skade is reeds gedoen deur die miljoene kere wat ek “Sioebên” genoem is. Dis “Shiwon”, my magtig, dis hoe ’n mens dit sê, met ’n w soos in witwarm-klap-as-jy-weer-my-naam-verkeerd-kry.
Dis ’n coming of age-storie met Siobhán, ’n effens opstandige tiener in graad 11 as hoofkarakter. Sy verras (en skok) haar ouers toe sy besluit om die skoolvakansie by ’n sirkusskool aan te sluit “om net ’n slag iets anders in haar lewe te doen en te ervaar – en dalk help dit vir die dramaklasse wat sy ná matriek wil neem”. By die sirkusskool ontmoet sy ’n uiteen-lopende klomp karakters (elk wat sy eie spreekwoordelike masker dra) wat almal uiteindelik ’n invloed op haar sal hê in haar soeke na haarself – soos Klein-Piet, die sirkusinstrukteur en sy geheimsinnige Columbine, en die ernstige, volwasse Greer wat glad nie inpas by ’n sirkusskool nie, maar wat deurentyd ’n sterk invloed en selfs houvas op Siobhán het. Aan die einde sal sy van Greer sê: “Ek is onder haar invloed uit, ek het ouer geword en ek kan vir myself dink . . .”
Klik hier en koop jou eksemplaar van Siobhán van die sirkus nou van Kalahari.com!
|
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.








