Ek is geen linkse nie, is en was nog altyd ’n konserwatiewe Afrikaner, maar ek wonder tog soms wat van al die geld word wat uit mynbou gemaak word. Veral goud en platinum – gaan daar nie dalk reuse bedrae uit die land uit waarvan ons geen voordeel kry nie? Wie kry die winste? Is dit oorsese beleggers, met hul regerings wat ook goeie belasting daaruit kry? Dan is dit miskien boonop lande soos Brittanje wat ons Afrikaners in die verlede vertrap en beledig het! Dan behoort ons Malema mos te steun!
Is daar iemand wat vir ons kan uiteensit hoe ’n tipiese myn se inkomste verdeel word? Dit kan baie interessant wees om te weet.
Hoe lyk dit oester, het jy nie vir ons die inligting nie?
Arm Afrikaner

