Nasionale Boekweek 2025: Michelle Cooper se kinderboekkeuses

  • 0

Die Uitgewersvereniging van Suid-Afrika (UVSA) moedig Suid-Afrikaners aan om Nasionale Boekweek 2025 te vier. Naomi Meyer het ’n paar kinderboekuitgewers om hul boekkeuses gevra. Hier is Michelle Cooper van NB-Uitgewers se kinder- en jeugboekhoogtepunte van die week.

Sny hulle in sterre uit, Fanie Viljoen se nuutste jeugboek. Dis realisties, dramaties, tragies. ’n Aardbewing op ’n Vrystaatse myndorp laat ’n skoolgebou ineenstort en keer drie tieners onder die puin vas. As leser hou jy jou hart vas, want jy weet een van hulle kom nie lewend daar uit nie. Wie gaan dit wees?

Faeed Amardien se debuut in Kaaps: Life is ’n biets. Die storie begin in Bonteheuwel, by ’n gewone huis, met ’n pa, ma en twee kinders, maar op 15 bevind Leonardo hom skielik op straat. Hy moet oorleef. Hierdie verhaal maak jou oë oop vir mense wat op straat bly. 

Vir die heel kleinstes is ek opgewonde oor ons reeks opwipboeke. Ons het bekende sprokies gekies, soos Die slapende skoonheidSneeuwitjieGouelokkies en die drie bere, Hansie en Grietjie en Die drie varkies. Sommige titels het flappies én opwipprente, ’n dubbele vreugde. Pragtig en kleurvol, ook ideaal as geskenke.    

Lees ook:

Sny hulle in sterre uit deur Fanie Viljoen: 'n resensie

Life is ’n biets: ’n onderhoud met Faeed Amardien

Press release: PASA Calls on South Africans to celebrate and champion the joy of reading for National Book Week and International Literacy Day

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top